12 oktober 2014 hartlik welkom vanoggend se diens g … · 2014. 10. 10. · se jerusalem -the...

4
VANOGGEND SE DIENS GELOWIGES WAT GLO SING GRAAG KOL. 3:16-17 (DR WILHELM BURGER) As ons die Kolosensebrief lees, is die sentrale boodskap wat telkens deurkom, dat Christus die Heer is. Elke keer wat Paulus hierdie boodskap beklemtoon, voeg hy by dat die gemeente daaroor moet sing! Dankbaarheid en vreugde bepaal die styl van die gemeente. Dit is die enigste gepaste reaksie by mense wat werklik glo dat Christus die Here is. Vandag het ons die voorreg dat kinders ons lei in lof. Dit gaan ‘n ware feesdiens wees met die Ainos Koor (Kinders wat die Here prys) uit Centurion wat ons be- soek. Baie welkom in Onrusrivier! HARTLIK WELKOM Die Psalmdigter herinner ons: “Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel !” (Ps. 22:4). Ps 148 roep ons op om God te prys saam met die hoë hemel; die engele; die hemelwesens, die son, die maan en die sterre. En hier in Hermanus kan ons saam met die seediere (en die walvisse!) God prys. Ons word uitgenooi om in te val by die massakoor en saam te sing onder die begeleiding van ‘n merkwaardige sim- fonie. Hoekom sal ons by die koor wil inval en saam sing? Ps 147 sê weer vir ons dat ons God sal wil dank. Hoekom? Want dit is ons God wat die lewe gee, die natuurskoon, wat sorg vir mens en dier. In kort die almagtige Skepper God is lief vir ons. Hy sorg vir ons. Hy red ons. Ja, Hy ken ons elkeen by name. Hy het ons gemaak. Ons is Sy kosbare kinders. Kom ons luister na die koor. Kom ons sing saam. Kom ons dank die Here uit volle bors! Immers, God woon onder die lofge- sange van Sy kinders! TEKS VIR DIE WEEK (Son. 19 Okt.) Dr Wilhelm Burger Tema: “Praat jy of skree jy? Die kuns van luister” Ons dink hierdie week na oor verhoudings, veral die huwe- liksverhouding. Lees Kol. 3:12-15 in die groep of alleen. Hoe kan hierdie eienskappe ons help met kommunikasie in verhoudings? Waarom sukkel ons dan so met kommunikasie? Wees Lig! Hartklop 12 Oktober 2014 Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles DOOP VANOGGEND ‘n Spesiale welkom aan die doopouers André en Marisa Wessels met baba Dandré Frans Deurkollekte Vanoggend: Spes Koll: VGK Zwelihle Ook ‘n spesiale welkom aan die AINOS KOOR (Centurion) olv Ané Hartman. Baie dankie vir die seën van jul pragtige stemme.

Upload: others

Post on 12-Sep-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 12 Oktober 2014 HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE DIENS G … · 2014. 10. 10. · se Jerusalem -The Biography. Navrae: Dr lifford by 028 316 4895 of Dr Johan 028 316 3959 / 082 335 8811

VANOGGEND SE DIENS GELOWIGES WAT GLO SING GRAAG

KOL. 3:16-17

(DR WILHELM BURGER)

As ons die Kolosensebrief lees, is die sentrale boodskap

wat telkens deurkom, dat Christus die Heer is. Elke

keer wat Paulus hierdie boodskap beklemtoon, voeg hy

by dat die gemeente daaroor moet sing! Dankbaarheid

en vreugde bepaal die styl van die gemeente. Dit is die

enigste gepaste reaksie by mense wat werklik glo dat

Christus die Here is.

Vandag het ons die voorreg dat kinders ons lei in lof.

Dit gaan ‘n ware feesdiens wees met die Ainos Koor

(Kinders wat die Here prys) uit Centurion wat ons be-

soek. Baie welkom in Onrusrivier!

HARTLIK WELKOM Die Psalmdigter herinner ons:

“Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel !” (Ps. 22:4).

Ps 148 roep ons op om God te prys saam met die hoë

hemel; die engele; die hemelwesens, die son, die maan en

die sterre. En hier in Hermanus kan ons saam met die

seediere (en die walvisse!) God prys.

Ons word uitgenooi om in te val by die massakoor en saam

te sing onder die begeleiding van ‘n merkwaardige sim-

fonie.

Hoekom sal ons by die koor wil inval en saam sing?

Ps 147 sê weer vir ons dat ons God sal wil dank.

Hoekom?

Want dit is ons God wat die lewe gee, die natuurskoon,

wat sorg vir mens en dier. In kort die almagtige Skepper

God is lief vir ons. Hy sorg vir ons. Hy red ons. Ja, Hy ken

ons elkeen by name. Hy het ons gemaak. Ons is Sy kosbare

kinders.

Kom ons luister na die koor.

Kom ons sing saam.

Kom ons dank die

Here uit volle bors!

Immers, God woon

onder die lofge-

sange van Sy

kinders!

TEKS VIR DIE WEEK (Son. 19 Okt.) Dr Wilhelm Burger

Tema: “Praat jy of skree jy? Die kuns van luister”

Ons dink hierdie week na oor verhoudings, veral die huwe-liksverhouding.

Lees Kol. 3:12-15 in die groep of alleen. Hoe kan hierdie eienskappe ons help met kommunikasie in

verhoudings? Waarom sukkel ons dan so met kommunikasie?

Wees Lig!

Hartklop 12 Oktober 2014

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

DOOP VANOGGEND

‘n Spesiale welkom aan die

doopouers

André en Marisa Wessels

met baba

Dandré Frans

Deurkollekte Vanoggend: Spes Koll: VGK Zwelihle

Ook ‘n spesiale welkom

aan die

AINOS KOOR

(Centurion)

olv Ané Hartman. Baie dankie vir die seën

van jul pragtige stemme.

Page 2: 12 Oktober 2014 HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE DIENS G … · 2014. 10. 10. · se Jerusalem -The Biography. Navrae: Dr lifford by 028 316 4895 of Dr Johan 028 316 3959 / 082 335 8811

MA. 13 OKTOBER DI. 14 OKTOBER WO. 15 OKTOBER

SKOLE OPEN

10:00 DIENSSENTRUM: Kom stap

saam. Ons begin stap om 10h00 vanaf

die diens-sentrum en kom drink dan lek-

ker tee/koffie saam wanneer ons terug

is. Welkom!

Sopkombuis

09:45 Golden Harvest diens.

10:00 DIENSSENTRUM: Kom wees

kreatief saam met Joan Ollewagen 028 316

2127/082 710 2787 by die dienssen-

trum. Ons sal jou kom oplaai!

10:00 DIENSSENTRUM Kliniek Indien u bekommerd is oor u bloeddruk,

suiker ens. kontak vir sr. Calitz by 072 152

5623 en maak ‘n afspraak.

DIENSSENTRUM

08:00 Voete– & hande versorging. Maak

afspraak by Marilyn (082 532 6931).

10:00 Trimgim deur ‘n bio-kinetikus in

die sysaal. Almal is welkom

11:00 LOFDANSE in die Sentrum.

15:00 FLIEK in Anneks (Dienssentrum)

DO. 16 OKTOBER VR. 17 OKTOBER SA. 18 OKTOBER

10:00 DIENSSENTRUM: Kom kyk na

‘n opbouende en motiverende DVD van

Nick Vujicic “No arms, no legs, no

worries!” Kom luister hoe hanteer ‘n

jongman wat sonder arms en bene ge-

bore die lewe met al sy uitdagings.

16:00 Gesamentlike gebed by die VGK

Mount Pleasant. Almal baie welkom.

09:30-11:30 Die Kolwyntjie Teetuin

@ Dienssentrum is oop. Welkom!

10:00 Ons BID saam (Gebedskamer).

19:00 Wynveiling - Baie dankie vir al u

ondersteuning en skenkings.

ONS BID VANDAG VIR AL ONS

SKOOLKINDERS EN ONDERWYSERS. ONS

BID DAT GOD HULLE SAL SEËN EN DRA

IN DIE LAASTE KWARTAAL VAN DIE

JAAR.

WAT GEBEUR SONDAG 19 OKTOBER ?

09:00 Familiediens: Dr Wilhelm

Burger lei die diens. Ons verwelkom

ook die PROMUSICA koor by ons.

Deurkollekte:

Spes Koll: Kospakkies

WYKE DIENSBEURTE

Gebed (Konsistorie) (Wyk 4)

Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 28)

SIEKTE & NOOD

Here, vandag is ons harte vol van

dankbaarheid en LOF! Soms

staan ons verstom oor die guns

wat U ons bewys. Here, help ons

om ons liefde aan U te betuig -

elke dag en oral waar ons gaan.

Ons eer U vandag as die

Lewende God.

Amen.

Ps 139 Here, U self het my diepste wese gemaak. Ek loof U omdat U my so besonders gemaak het. U het my

gesien voor ek gebore is. In U boek is alles opgeteken, elke dag is bepaal voordat een van hulle daar was. Here, ek wil elkeen van hierdie dae gebruik om tot U eer te lewe en U lof te sing. Laat my dankbaar lewe, want aan U liefde en goedheid is daar geen einde nie.

Ps 92 : 2 – 6 en Ps 89 : 2 – 3 Ek wil U eer, my God en Koning, en U vir altyd prys. Dit is wonderlik om U te

prys en te eer met my lied. Dit is wonderlik om soggens van U liefde te vertel en saans van U getrouheid. Here, ek is so bly oor wat U gedoen het en ek wil bevestig dat U liefde vir ewig bly en dat U getrouheid so vas staan soos die hemel self.

Deon Smith

Wilkie du Toit

Kobie Swart

Anneline Nöthling

Peet van den Berg

Jaap Sadie

Sarie van Staden

Isabella Corbett

Anne Theron

Hanlie Visser se klein-

dogter (3jr) - kanker

Minnette Snyman

Lorraine Fourie

Johan & Hestia Barnard

Louis Lennard

Tokkie Vorster

Dehan Pretorius (8jr -

kanker - Marietjie le

Roux kleinseun)

Ons bid ook vir alle

bejaardes in ‘n

siekeboeg.

DANKIE HERE

VERSOEKE Annette 072 903 9189

NOODKETTING Sheila 084 800 0947

ZAbba Vader . . .

Spr 4 : 20 Vader, laat my baie goed na U luister en my ore spits vir U woorde. Help my om dit altyd in gedagte te hou,

want U woorde beteken lewe vir my. Here, laat my versigtig wees met wat in my hart aan-gaan; met wat ek sê en waarop ek gefokus is. Help my om my pad reguit te loop en nie van koers af te gaan nie en om weg te bly van law-we praatjies en van wat verkeerd is.

EK VOEL NOU KLEIN GENOEG

EN GOD GROOT GENOEG

Verskeie Psalms Here, my God, U her-stel my kragte; U verdryf my duister-nis. As U, my God, by my is, kan ek 'n

hele leër aanval en bo-oor hulle versperrings klim. U, ons God, is die sterkste rots wat daar is. U maak die pad voor my uit gelyk. U maak my vol krag. U laat my loop op veilige plekke, sodat ek nie struikel nie.

1Tim 1: 17 Vader, ons wil aan U al die eer gee en U grootheid erken tot in die eindelose

ewigheid, want U is die Koning wat regeer deur al die eeue heen. U kan nie oud word nie of doodgaan nie. U alleen is God !!

KLEUTERKERK Tydens Erediens (Ark)

BYBELGROEPE Gr 1 - 4 tydens die Erediens

Gr 5 - 7 direk na die Erediens

TEENTRIX Gr 8 - 10 direk na die Erediens

Page 3: 12 Oktober 2014 HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE DIENS G … · 2014. 10. 10. · se Jerusalem -The Biography. Navrae: Dr lifford by 028 316 4895 of Dr Johan 028 316 3959 / 082 335 8811

NUWE INTREKKERS

Aug & Sept 2014

SONDAG

9 NOV. 2014

NG Kerk Onrus

18:30

Onderwerp:

IDENTITEIT

Chris & Eleanor Niehauss met Anje & Charlotte (Wyk 3b)

Clarisse & Gerhard Faasen (Wyk 8a)

Japie & Anneke Louw met

Anja & Robbie (Wyk 10)

Joe & Sandra Nel (Wyk 12)

June van Jaarsveld (Wyk 16)

Cathy & Billy van WyK (Wyk 16)

Jan & Marie Ras (Wyk 16)

Irma Burger (Wyk 18)

Mienie & Hennie Hendriks (Wyk 19)

Quentin & Sinet Vogel (Wyk 21)

Lizette & Hannes Coetzer (Wyk 28)

Hugo Haumann (Wyk 30c)

Amanda Bester (Wyk 30c)

Adele & Pierre Nortje (Wyk 31)

Annekie & Wessel Fourie (Wyk 33)

Josua & Martie Blom (Wyk 33)

Lizet & Gerrit Oosthuizen (Wyk 34a)

U word uitgenooi na ‘n

bespreking van Robert

en Kathie Fetveit,

direkteure van Elijah

House van Amerika.

Hulle besoek verskillende

Elijah House skole deur

Suid-Afrika en hulle

doel is om lewens te

verander deur gebed en

geestelike waardes geïn-

spireer deur die Heilige

Gees. U is almal welkom!

VERJAARSDAE bo 80

God se seën word u toegewens.

Mev Ina Burger (1/10)

Mnr Ferdie Relling (3/110)

Mev Eulogy Kroon (8/10)

Mnr Gerrie Pheiffer (9/10)

Mev Joy Arangies (10/10)

Mev Drienie Roux (10/10)

Mev Alida Kotze (11/10)

Mev Babs Loubser (13/10)

Mnr Henry Erasmus (18/10)

Mnr Neels v Niekerk (19/10)

Mev Johanna Groenewald 25/10)

Mev Hester v Tonder (29/10)

RIEKERT BOTHA REEKS OP DVD Die stelle het geland! Kom haal gerus u bestelling

af by die kerkkantoor.

Indien u nog reekse wil bestel is u baie welkom.

Koste is R72 vir 6 dvd’s (onthou betaling asb met

bestelling). Bestel asb voor of op 27 Oktober by

die kerkkantoor. Welkom!

TIENDEMAAND DANKOFFER SONDAG 26 OKT

Wees lig! God is die eerste Ligbron. “ Laat daar lig wees” (Gen 1:3).

En God stel daarna baie ligbronne aan:

Die son, weerlig, vuurvliegies, kerse, fakkels en lampe.

En dis nie al nie: God stel ook kerke aan as ligbronne:

Onrusrivier, jy en ek (Matt 5:14).

Kan jy jou ‘n wêreld indink sonder lig …?

Kan jy jou ‘n wêreld indink sonder ‘n kerk wat lig maak …?

Kan jy jou ‘n kerk indink sonder ‘n Tiendemaand Dankfees …?

Nee, en daarom: Baie dankie vir u bydrae – u is ook God se

Oktober LIGBRON.

Vir enige navrae oor die Tiendemaand Dankoffer, kontak

asb vir Philip Opperman by 082 9000 697.

SPOELKLIPPE TREINRIT NA SIMONSTAD

Sakka-pakka, sout en peper

Gee my stoom dan loop ek beter!

Wat 'n belewenis van nostalgie was dit nie om deel van

die groep van 60 te wees nie!

Dit was 'n volmaakte dag waarmee ons VADER ons

geseën het.

Die gefluit van die stoomlokomotief by spooroor-

gange, die vakansiegangers op die strande langs die

spoorlyn met hul kamera's of gewaai na ons in die

trein, het ons baie spesiaal laat voel.

AL DIE DANK EN ERE AAN DIE HERE VIR SY

LIEFDE EN GROOT GENADE!

NS. Foto's sal Vrydag die 17 de by DIE KOLWYNTJIE

beskikbaar wees om te bestel @ R5 per foto.

Page 4: 12 Oktober 2014 HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE DIENS G … · 2014. 10. 10. · se Jerusalem -The Biography. Navrae: Dr lifford by 028 316 4895 of Dr Johan 028 316 3959 / 082 335 8811

FLIEK-PROGRAM IN DIE ANNEKS @ 15:00, ELKE WOENSDAG WO. 15 Okt: Patch Adams WO. 22 Okt: Die laaste Tango

BYBELSKOOL Ons is gesluit vir die vakansie. Ons program vir die nuwe kwartaal. Dr Johan van Schalkwyk bied ‘n mini-reeks aan oor die periode tussen die Ou en Nuwe Testament 15 & 23 Oktober. Dr Clifford bied die volgende 3 weke ‘n (DVD-) reeks aan oor Jerusalem. Hoekom baklei nasies deur die jare vir hierdie stad? Hoekom kan Jood, Christen en Islam nie die stad se heligdomme deel nie? Hoekom me-kaar uitmoor? Lees gerus Simon Montefiore se Jerusalem - The Biography. Navrae: Dr Clifford by 028 316 4895 of Dr Johan 028 316 3959 / 082 335 8811.

KERSMELODRAMA 14 NOV @ NG ONRUS Kom luister na die Phantom of the Opera

(past. Herman Breedt), Elvis (ds Corné Kemp), Shakin Stevens (ds Neil Olwagen) en

die Grafsteensangers. Sonja Herholdt en YMCA - al die dominees en vele meer! Kaartjies beskikbaar by Mariet Basson

078 329 7888.

DIENSSENTRUM DONDERDAG 23 OKT 10:00 KIDBROOKE se koor o.l.v Annemarie Kotze kom ons besoek. Ons sien baie uit daarna om as gasheer op te tree. Kom drink ‘n koppie tee saam met ligte versnap-peringe en ontmoet nuwe vriende.

SPOELKLIPPE-AFSLUITING 21 NOVEMBER: Betaal asb R50 pp by Kerkkantoor voor Vrydag 14 Nov. Sjerrie met vingerete 18:00 Musiek-potpourri om 19:00 Dit beloof om ‘n heerlike aand van musiek en ontspanning te wees! Almal is meer as welkom, maar veral ons nuwe intrekkers.

GEMEENTESTAP IN DIE FERNKLOOF BERGE SATERDAG 1 NOV @ 08:00 (meer inligting binnekort). Bespreek solank die dag!

VROUEKAMP BY WORTELGAT aangebied deur die NG Kerk Hermanus op 25 – 26 Oktober 2014 (LIEF DIE LEWE) tyd met God · praise & worship · ontspan · mooi natuur · herlaai batterye · ‘bond’ met ander vroue van God · Leef vol-uit in Christus. Besprekings: Projek Hoop 072 244 0233; 082 375 3613 NGK Hermanus , [email protected]

GESOEK KALENDERBORGE VIR 2015 Liewe vriende, ons wil graag besighede en individue nooi om volgende jaar se ge-meentekalender te borg. Die koste beloop R2000 per maand wat jy borg. Jou be-sigheid se logo en informasie verskyn op die bladsy se onderkant en daar is ook ‘n bor-geblad waar meer inligting oor jou be-sigheid beskikbaar is. Vir enige navrae, kon-tak asb vir Karin by die Kerkkantoor (028) 316-2116 of 084 305 2086.

KOLWYNTJIE TEETUIN

@ DIENSSENTRUM VRY. 17 OKT. 09:30-11:30

Die LYNDANSERS besoek

ons met hulle vrolike musiek en

dansies! Moet dit nie misloop nie!

Almal is meer as welkom!

WAAR kan WAAR kan

ek DIENek DIEN??

LIGBOEKLIGBOEK

KOSPAKKIES 20 OKT

Daar is 'n tekort van koffie, kookolie & toiletpapier. 'n Bydrae hiervan sal baie waardeer word. Baie dankie dat ons die vry-moedigheid het om dit vir julle te kan vra.

ONTHOU: Alle navrae oor die

Dienssentrum, alle inbetalings en gelde van

die Dienssentrum word nou by die sentrum

self hanteer vanaf Maandae tot Vrydag van

09h30 – 12h30. TEL: 028 316-1745.

OMGEE ENGELTJIES: Indien u ‘n engeltjie is en nog aktief betrokke

is by die projek, kom gee asseblief u naam in

by Mervian (kerkkantoor). Baie dankie!

Koster

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 -

13h00

Tel (028) 316-2116

DS MICHIEL DE KOCK

028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER

028 316 2110 (K)

083 448 1651

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS

028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD

Piet van Zyl

082 339 9871

[email protected]

EVANGELIS

Chookie Naudé

072 355 9633 [email protected]

VERSORGINGSKOÖRD.

Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K)

079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEST.

Karin de Bruin

084 305 2086 [email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe

084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE

Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE

Hanna de Jager

082 441 9759 [email protected]

KOSTER

Hennie Davies

084 745 4531

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

the

Framery

Alle tipes raamwerk van skilderkuns,

fotos, tapiserieë, truie, medaljes ens.

Professionele,

vriendelike diens teen bekostigbare pryse.

Skakel Marlene by 028 316-1374

Hoofweg 36, Onrusrivier