11 november 2018 · 2018-12-05 · bergsig boodskap bladsy 3 bel ds. mizelle by 083 394 1101 om...

6
Bergsig Boodskap 11 November 2018 11 Nov: Preekreeks: Advent 18 Nov: Biddag Beskermings- dienste 19 Nov: Kerkraadsvergadering 20 Nov: Doopkategese 24 Nov: Betesda- Mark 25 Nov: KERSSANGDIENS, Sertifikaatsondag & Durbanville Plaasfees loodsing 2019 29 Nov: Seniors Kersete Fondse word aan die be- diening gestuur om te ge- bruik. 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo Glow Kidz diens (Saal) Stephanie Steenkamp 18:00 @6 Diens Arno Mattheus Deuroffer: Sending aan Melaatses 11 November 2018, Preekreeks: Advent - Krip 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo Glow Kidz diens (Saal) Stephanie Steenkamp 18:00 @6 Diens Arno Mattheus Deuroffer: Japan 18 November 2018, Preekreeks: Advent - Kruis Biddag Beskermingsdienste Geure omring ons ge- durig. Dit betower ons ... Dit herinner ons ... Dit nooi ons ... Dit stoot ons af. Ons wêreld is vol reuke en reuke lok n herinnering uit soos niks anders nie. Dit het iets te doen met jou brein se limbiese stelsel wat direk gekoppel is aan jou reuksintuig, met ander woorde, daar is geen filter nie. Reuke roep 'n beeld of emosie by ons op. Pierre du Plessis kry dit reg in sy boek: Jesus ruik na mirre en stof ... om "... 'n vars perspektief op Jesus, en op die lewe self ..." te skep volgens die bekende teo- loog en skrywer Stephan Joubert. Leonard Sweet, teoloog, kerkhistorikus en skrywer, het iewers tien jaar terug in n werksessie gevra: Soos wat ruik Jesus?Hy woon op Orca Eiland in Washington in die VSA. Pierre en Stephan Joubert het by Leonard gaan kuier en by hom geleer om kerse op te steek en wierook te brand, omdat n kerk darem na iets moet ruik Die boek verras omdat dit Jesus in gewone taal beskryf, wat elke mens verstaan en mee kan as- sosieer. Jesus is baie keer so ver en geestelikdat dit moeilik is om met Hom te assosieer en om Hom te ken. Pierre het besef dat Jesus ook soos ons na sweet geruik het of na stof, na n dag se stap op n grondpad. Die reuke in Jesus se lewe maak Hom mens. Sy menswees is tog die wonder van die Evan- gelie. Ds. Mizelle Prinsloo hanteer die preekreeks ADVENT wat oor drie Sondae 11, 18 & 25 Nov. strek. Op 11 Nov is die tema – Krip, 18 Nov - Kruis en 25 Nov – Kerk. Elke tema het sy eie REUK. Advent beteken letterlik koms – ons lewe opnuut in die wonder van die mens- wording van Christus – ons berei ons voor om die Verlosser in ons lewens te verwelkom met vreugde en afwagting – dis nie net n voorbereidingstyd en herinnering aan Christus se eerste koms nie, maar help ons geduldig wag op die Here se wederkoms. KERSSANGDIENS 25 Nov om 19:00 Vervolg op bl 5

Upload: others

Post on 07-Mar-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 11 November 2018 · 2018-12-05 · Bergsig Boodskap Bladsy 3 Bel ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: ds.mizelle@bergsigdv.co.za Elize Haasbroek

Bergsig Boodskap 11 November 2018

11 Nov: Preekreeks: Advent

18 Nov: Biddag Beskermings-

dienste

19 Nov: Kerkraadsvergadering

20 Nov: Doopkategese

24 Nov: Betesda-Mark

25 Nov: KERSSANGDIENS,

Sertifikaatsondag & Durbanville

Plaasfees loodsing 2019

29 Nov: Seniors Kersete

Fondse word aan die be-

diening gestuur om te ge-

bruik.

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo

10:00 Informele diens

Ouditorium

Ds. Mizelle Prinsloo

Glow Kidz diens (Saal)

Stephanie Steenkamp

18:00 @6 Diens

Arno Mattheus

Deuroffer: Sending aan Melaatses

11 November 2018, Preekreeks: Advent - Krip

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo

10:00 Informele diens

Ouditorium

Ds. Mizelle Prinsloo

Glow Kidz diens (Saal)

Stephanie Steenkamp

18:00 @6 Diens

Arno Mattheus

Deuroffer: Japan

18 November 2018, Preekreeks: Advent - Kruis Biddag Beskermingsdienste Geure omring ons ge-

durig. Dit betower ons ... Dit herinner ons ... Dit nooi ons ... Dit stoot ons af. Ons wêreld is vol reuke en reuke lok ‘n herinnering uit soos niks anders nie. Dit het iets te doen met jou brein se limbiese stelsel wat direk gekoppel is aan jou reuksintuig, met ander woorde, daar is geen filter nie. Reuke roep 'n beeld of emosie by ons op. Pierre du Plessis kry dit reg in sy boek: Jesus ruik na mirre en stof ... om "... 'n vars perspektief op Jesus, en op die lewe self ..." te skep volgens die bekende teo-loog en skrywer Stephan Joubert. Leonard Sweet, teoloog, kerkhistorikus en skrywer, het iewers tien jaar terug in ‘n werksessie gevra: “Soos wat ruik Jesus?” Hy woon op Orca Eiland in Washington in die VSA. Pierre en Stephan Joubert het by Leonard gaan kuier en by hom geleer om kerse op te steek en wierook te brand, omdat ’n

kerk darem na iets moet ruik … Die boek verras omdat dit Jesus in gewone taal beskryf, wat elke mens verstaan en mee kan as-sosieer. Jesus is baie keer so ver en “geestelik” dat dit moeilik is om met Hom te assosieer en om Hom te ken. Pierre het besef dat Jesus ook soos ons na sweet geruik het of na stof, na ’n dag se stap op ’n grondpad. Die reuke in Jesus se lewe maak Hom mens. Sy menswees is tog die wonder van die Evan-gelie. Ds. Mizelle Prinsloo hanteer die preekreeks

ADVENT wat oor drie Sondae 11, 18 & 25 Nov. strek. Op 11 Nov is die tema – Krip, 18 Nov - Kruis en 25 Nov – Kerk. Elke tema het sy eie REUK. Advent beteken letterlik koms – ons lewe opnuut in die wonder van die mens-wording van Christus – ons berei ons voor om die Verlosser in ons lewens te verwelkom met vreugde en afwagting – dis nie net ’n voorbereidingstyd en herinnering aan Christus se eerste koms nie, maar help ons geduldig wag op die Here se wederkoms.

KERSSANGDIENS 25 Nov om 19:00

Vervolg op bl 5

Page 2: 11 November 2018 · 2018-12-05 · Bergsig Boodskap Bladsy 3 Bel ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: ds.mizelle@bergsigdv.co.za Elize Haasbroek

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke

wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]

KOEPONS:

Koop gerus van die koepons om vir straatpersone te gee. Een koepon kos R5 en ’n boekie kos R50. U kan dit in u motor hou, en uitdeel soos persone u nader vir geld. Alle wins wat gemaak word met die boekies, word weer teruggeploeg in die dienslewering aan ons eie mense op straat. Koop gerus u boekie by Bergsig kerkkantoor, Aurora Spar, by die Green Grocer of ook Sondae by die A-Koord tafel.

Die sopkombuistrokkie is 100% funksioneel vanaf Ma-Vry by die Morningstar rugbyklub oorkant die kliniek 9:00.

ATTIE VAN WYK SKOOL Ons bid en glo dat die Here dit alreeds op 2 per-sone se harte gelê het om die liefde van God met die kinders by Attie van Wyk se Graad R en 4 klassies te kom deel. Indien jy voel dat dit jy is wil jy my nie asseblief kontak op 083 235 1400 of [email protected] nie. Baie dankie dat jy saam met ons bid vir arbeiders in God se koninkryk.

MAGDALENAHUIS: Die aantal swanger vroue wat gehelp word, het baie toegeneem en daarom het Magdalenahuis groot be-hoefte aan kosvoorraad. U kan skenkings gee van enige nie-bederfbare kruideniersware en skoonmaak-middels tot en met 15 November 2018.

Merk asb dit duidelik “Magdalenahuis” en laai dit af by die Kerkkantoor. Enige vrywilligers wat betrokke wil raak, kan Magdalenahuis skakel by 021 948 3637 en met die maatskaplike werksters Stephny en Anneke gesels.

WELGEGUND PLAASDIENSTE Elke jaar is daar ’n Kersafsluitingsgeleentheid by Welgegund Plaas. Hierdie jaar is dit Sondagoggend 25 November om 10:00. Daar word Kersliedere gesing, die Sondagskoolkinders tree op en daar word ook ’n Kersboodskap gebring. Daarna kuier die lidmate, kinders en besoekers almal gesellig saam.

Ons wil soos in die verlede vir die Sondagskoolseuns en-dogters en ook die ander kinders bederf met ’n spesiale verrassingspakkie. Jy kan hierdie uitreik ondersteun deur ’n finansiële bydrae te maak voor of op 18 Novem-ber 2018. Betaal in by die Kerkkantoor en merk dit “Welgegund Kersdiens”.

As jy die Kersdiens wil bywoon of enige verdere navrae het, kontak vir Peter Montgomery by sel 084 299 6697.

House of Grace House of Grace benodig dringend ’n losstaande klerekas vir een van die dogters. Indien daar iemand is wat kan help hiermee, kontak asb. vir Leonette Burger by 082 440 5662.

Khayalitsha

Soos jy weet was daar vernietigende brande in Khayalitsha. Twee vroue van die gemeenskap het my kom sien. Hulle vra vir enige klere – veral vir kinders - sowel as enige huisware soos potte en panne. Die Stad het blykbaar gehelp met huisstrukture en komberse. Hierdie twee vroue is bereid om enige werk te doen. Kontak Annamaré indien jy wil help. Indien jy donasies by die kerk aflaai merk duidelik: Khayalitsha brand.

Spesiale straatuitreik: Op 23 Nov hou Ds Wynand Breytenbach van Dur-banville Moedergemeente ‘n straatuitreik vir Hoër-

skoolkinders.

Hulle gaan oorslaap by Moedergemeente se kerk-gebou en die aand met volwasse toesig uitreik op die straat. Die uitreikers gaan bymekaarkom vanaf 18.30 met hul slaapgoed, by Moedergemeente se

hoofhek.

Vir verdere inligting kontak vir Ds. Wynand by 071 640 9797.

Page 3: 11 November 2018 · 2018-12-05 · Bergsig Boodskap Bladsy 3 Bel ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: ds.mizelle@bergsigdv.co.za Elize Haasbroek

Bladsy 3 Bergs ig Boodskap

Bel ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: [email protected]

Elize Haasbroek Vierlandenstraat 24, 021 976 0425 Man (Johan) oorlede Troos en bemoediging

André von Solms Dagbreek w/s 2, 083 776 6977 Immuunsiekte Herstel en bemoediging

Heidie Botes Proteaweg 25, 083 399 2013 Vader oorlede Troos en bemoediging

Koos Veldsman Murraystraat 107, 074 327 5412 Hartomleiding Herstel en bemoediging

Wouter Grové (13 jaar oud) Lesliesingel 71, 021 982 7322 Op waglys vir

hartoorplanting Herstel en bemoediging

Magriet Roeland Fairtrees 12, 072 715 1881 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Joan Fourie Manor on Lordswalk 22, 021 976 2052 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Vickie Esterhuyse Manor on Lordswalk 1 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Jannie Nieuwoudt

(skoonseun van Pikkie

Louw)

Pikkie selfoon 082 681 9557 Jannie ernstige vrag-

motorongeluk Herstel en bemoediging

Christo Bezuidenhout Meerenbosch Huis 61 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Johan Marais Fairtrees 44, Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Bemoediging

JC Smith Richterstraat 8., 082 563 0408 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Babs Schoeman Summer Places 2, 021 975 4965 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Dirk Carstens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging

Alida Nel La Gratitude 25 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging

Danie en Alida Muller Zandkloofweg 10, 076 177 7626 Kanker Herstel en bemoediging

Elri du Preez Penniesingel 1, 084 592 9595 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106

JUNIOR EN SENIOR KATEGESELEIERS GESOEK

Bel Arno 072 955 0670 Bel Stephanie 083 278 7111

Page 4: 11 November 2018 · 2018-12-05 · Bergsig Boodskap Bladsy 3 Bel ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: ds.mizelle@bergsigdv.co.za Elize Haasbroek

Bladsy 4 Bergs ig Boodskap

As elke lidmaat op Bergsig

se register R100 ’n maand

skenk aan die kerk hoef

die kerk die minimum

fondse te in om liefdadig-

heidswerk te doen.

Die kerk is die tus-

senganger na die wêreld

wat poog om verant-

woordelik om te gee en

volhoubaar ‘n verskil in die

gemeenskap te maak.

Bergsig werk al vir 36 jaar

in die harte van gelowiges,

maar ook in die gemeen-

skap en met minder-

bevoorregte mense.

Offergawes begin by ‘n

stilwordoomblik en terug-

kyk na God se voor-

siening. Om te herleef

watter verskil God maak

en dan Hom te loof met

die dankoffers wat ons

gee. Dit is in die eerste

plek ’n tasbare dankie-sê

geleentheid.

Die gee van offergawes is

dus ’n reaksie op die

groeiende bewussyn dat

God deel van my lewe is.

Dus ‘n praktiese

uitdrukking van die feit dat

ek ‘n dissipel van Christus

is.

Baie dankie aan elkeen

wat sover tot hierdie Kon-

in-kryksveldtog bygedra

het. Die fondse word

aangewend regoor die

spektrum van bedien-

ingswerk in Bergsig. Wan-

neer jy ’n elektroniese in-

betaling doen, merk

asseblief duidelik

“Koninkryk” vir ons om dit

van die normale dankoffer

te onderskei.

Die fokus op hierdie veldtog is Oktober, No-vember en Desember en strek tot in Februarie 2019.

Op die stadium is ons ag-ter teen 2017 toe ons reeds op R454 683 gestaan het. Ons sal moet wikkel om die mylpaal van R750 000 te maak.

Bid gerus eers oor jou bydrae.

R260 047

Dink bietjie anders

OTHELLO AFTREEOORD TE HUUR:

Othello Aftreeoord, Brackenfell - Nuwe 2 slaapkamer grondvloer woonstel – 60m

2, luukse afwerking,

garage en parkeerarea, 24-uur sekuriteit, inwoners ouer as 50, rustige omgewing, vele aktiwiteite,

eetsalon, dameskroeg, biblioteek, haarsalon, vervoer na winkelsentrums, uitstappies. Elsorg tuis-

verpleging R160 p/m. 3-gang maaltye @ R55 4 verpligte etes p/m. Beskikb: 1 Des '18. R8,000.

Navrae: Irma Skinner 083 247 8832

Huweliksvoorbereidingklasse vir alle voornemende paartjies wat gaan trou.

Vind plaas 5 - 7 November om 20:00 by NGK Bell-ville-Uitsig, Mountainviewrylaan 17, Ridgeworth.

Skakel Francois by 082 781 6854 vir meer inligting

HUIS ARISTEA verswakte

afdeling seniors

Help om 23 dames en 7 mans te ondersteun met

die lysie wat ons van Suster Wessels ontvang

het by huis Aristea.

Volledige pakket se onkoste (± R250).

Belangstellendes se keuses:

1. Doen lysie aankope self en plaas in 'n oop geskenksak (vir nog

bydraes)

2. Skenk enige items op die lysie

3. 'n Finansiële bydrae, dan doen hul self die

aankope

Aflewering van

pakkies 10 Des.

Enigeen welkom

om saam te kom.

083 265 4240

Christina

Besoek die Christelike Lektuurfonds se nuwe webblad en

laai hulle nuwe toep (“app”) af.

www.clf.co.za

OMHELS EN BRING HOOP

AAN ’N SENIOR

DURBANVILLE / BERGSIG SENIORGROEP

Lede wat nog die Kersete wil bywoon moet voor

19 Nov. vir Sarel kontak by 021 975 4780.

Lede moet vroegtydig aandui of hulle eie vervoer

of die bus gaan gebruik. Die bus vertrek op Do. 29

Nov. om 11:00 vanaf Bergsig Gemeente.

STOOM SKOONMAAK

Ons spesialiseer in die skoonmaak van MATTE,

BEKLEEDSEL, MEUBELS, MOTORS, ens. Met

industriële masjiene en spesiaal geformuleerde

middels. Ondervinding & DIENS - u waarborg -

gehalte werk! Skakel Christine van Wyk

021 - 976 284 / 082 439 1206

Page 5: 11 November 2018 · 2018-12-05 · Bergsig Boodskap Bladsy 3 Bel ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: ds.mizelle@bergsigdv.co.za Elize Haasbroek

www.bergsigdv.co.za

05:45 Vrydagoggende

Luister ook na getuienisse by www.tgifcape.co.za

Bladsy 5 Bergs ig Boodskap

Ons is baie opgewonde om bekend te maak dat in 2019 Bergsig begin met ’n aanbidding- en musiekakademie. Die “Worship Collective: Aanbidding en Musiek Akade-mie” se doel is om musikante, oud en jonk, geleentheid te gee om te leer hoe om ’n musiekinstrument te speel en dit aan te wend in ’n lof en aanbiddingsbediening. By die “Worship Collective Akademie” sal die volgende gebied word:

Onderrig van ’n verskeidenheid musiekinstrumente en

vaardighede deur ‘n ervare onderwyser in aanbiddings-

bediening.

Onderrig im ’n verskeidenheid aanbiddingsmusiek te

speel en te kan toepas in verskeie musiekstyle.

Kombineer ’n student volgens vaardighede en ontwik-

keling in verskeie “band” groepe om “band” dinamika te

leer, asook om as “band” saam te kan speel.

Indien jy enige vrae rondom die Worship Collective het

kan jy gerus met Arno Mattheus gesels. Jy kan ook

www.worshipcollective.co.za besoek of ’n e-pos stuur

na [email protected].

Vervolg van bl 1 25 Nov se Kerssangdiens is die hoogtepunt van die ADVENT preekreeks met die tema: Die reuk van Kersfees. Ons sing nie net lekker saam tot eer van God nie, maar ons dink ook na oor die konsep van REUK in ons geloof. Israel se godsdiens was byvoor-beeld deurtrek met allerlei geure. Hul geloof was ruikbaar en proebaar. Het ons vergeet om ons geloof te ruik ... en om sommer self ook die regte geloofsgeure af te gee? Ons moedig julle aan om die tyd ANDERS as die wêreld te spandeer en nie opgeneem raak in die dol gejaag nie, maar stil en rustig te raak. Dink anders oor Kersfees. Jesus se geure van ge-nade, liefde en omgee word op soveel maniere uitgedruk in die Bybel - ons kan Hom inasem deur par-fuum, mirre, hout, klip,

kruis, stof, sweet, skape, bloed, wyn, kos - noem dit maar die geur kleef aan Jesus vas. Tussendeur leer ons om self die regte geure af te gee - ons begin sommer by die Kerssang-diens en maak dit een van ons voornemens vir 2019. Jesus nooi almal, letterlik almal om deel te wees van sy etenstafel – selfs vreemdelinge … Ons almal was al by tye ’n VREEM-DELING … nie ‘n lekker gevoel nie, behalwe as iemand GASVRY optree - wanneer iemand vriendelik met ons begin praat, ons innooi – dis hoe ons naas-teliefde uitleef en dit is ‘n sigbare kenmerk dat ons volgelinge van Jesus is. Die kerk moet soos vreemdelinge ruik – dit is immers een van die min organisasies wat amper uitsluitlik vir die voordeel van nie-lede bestaan. Met God se genade is ons as kerk die lig vir die wêreld – die tussenganger.

VUURLELIES

Iemand het die week in die uitgebrande plantasie

(George omgewing) geloop en van die pragtige

vuurlelies gesien.

Die bol rus in die grond en intense hitte laat dit blom.

Hoe wonderlik is die almag van die Here om nuwe lewe

uit die as te laat verskyn.

Soms laat die moeilike hitsige tye ons ook blom!

SENIOR BYBELSTUDIEGROEP DRA BY TOT

DIE BURGER KERSFONDS Hul het die pragtige bedrag van oor die R1 222,30

ingesamel deur die jaar en geskenk. Baie dankie!

Page 6: 11 November 2018 · 2018-12-05 · Bergsig Boodskap Bladsy 3 Bel ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: ds.mizelle@bergsigdv.co.za Elize Haasbroek

NG Kerk Durbanville-Bergsig

021 976 4106 • [email protected]

www.bergsigdv.co.za

Facebook: Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers

Straatadres: H/v. Boland- en Proteaweg, Durbanville 7550

Posadres: Posbus 479, Durbanville, 7551

Kantoor-ure: Ma tot Vry 08:00 - 14:00 Leraars en kantoorpersoneel kan daagliks by die kerkkantoor gebel word.

24 uur nood vir geestelike & emosionele ondersteuning [email protected]

S33 48.966 O18 39.728

Bankbesonderhede: NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

KOEKIES VIR KERSFEES 2018 TUSSEN 2008 – 2017 VERSPREI ONS 10 009 PAKKIES

Begin bak? So gou as wat die bak-lus jou tref!

Afleweringsdatum: 25 Nov (Kerssangdiens ) 2 Des by die Kerkkantoor

Verpak: Kom help asb. op 4 Desember om 09:00 “Vele hande… Ligte werk”

Kom ons verbly eensames en minderbevoorregtes met koekies en ’n

vredesboodskap vir die Kerstyd.

Kontak Ilse Fritz by kerkkantoor vir navrae

Koekies word afgelewer onder andere by : Huis Aristea, Huis Kraaifontein, Huis Ravenzight, Dienssentrum Kraaifontein, Siekeboeg by Fairtrees, La Gratitude, Villa Corto-

na, Polisiestasie, Nooddienste, Brandweer, Badisa kantoorpersoneel, Nag-skuiling, House of Grace, New Beginnings, ens.

DAG DATUM REIS PROGRAM OORNAG

1

Sa

16/03

Ontmoet mekaar by die by Turkish Airways toonbank van Kaapstad Internasionale Lughawe om 14:00. Groet familie en vriende. Vertrek met Turkish Airways om 17:20.

Aan boord

vliegtuig 2

So

17/03

Aankoms in Istanbul om 05:05. Bly in transito tot u vlug vertrek na Tel Aviv om 06:40. Russtop te Sed Boker en route na Eilat [4 ure reis]. Daar is tyd om die Rooi see te geniet.

Eilat

3

Ma

18/03

Vandag besoek Timna Park, hierna reis ons na die gebergte van Sodom waar ons die sout pilaar van Lot se vrou besoek. Ons word oorgeplaas na ons hotel op die Walle van die Dooie See,

Ein Bokek

4

Di

19/03

Vandag besoek ons die vesting van Masada wat ons d.m.v. ʼn Kabelkar bestyg. Hierna die Ein Gedi Natuur Reservaat. Ons reis verder na Qumran waar die Dooie See Perkament rolle in 1947 gevind is en besoek Bethabara, oorspronklik plekke waar Jesus gedoop was. Ons reis via Bet Sean waar ons die opgrawings besoek en hierna na Tiberias waar ons vir die volgende drie nagte oorbly.

Tiberias

5

Wo

20/03

Ons besoek vanoggend Kursi. Hierna reis ons na Kuneitra op die grens tussen Israel en Sirië. Dit word opgevolg deur ʼn besoek aan Banias, die Jordaan rivier waterval en die Dan Natuur Reservaat. Laastens besoek ons Har Bental en reis ons deur die Hulah Vallei terug na Tiberias.

Tiberias

6

Do

21/03

Wat ʼn wonderlike dag wat vir ons voorlê. Ons besoek die Plek van die Berg Predikasie. Hierna Tabga, Mensa Kriste en Kapernaum. Ons geniet ʼn heerlike bootvaart op die See van Galilea. Hierna besoek ons die Nasaret nedersetting en keer terug na Tiberias.

Tiberias

7

Vr

22/03

Ons reis vandag deur die vallei van Megiddo en besoek Tal-Megiddo. Hierna besoek ons Muhraqa op die Gebergte van Karmel en reis na Caesarea. Ons reis deur die Sharon Vallei na Joppe waar ons die oudste hawe in die wêreld, Simon die leerlooier se huis en die standbeeld van geloof besoek. Ons reis na Jerusalem om te oornag.

Jerusalem

8

Sa

23/03

Ons besoek die Olyfberg, bewandel die Palm Sondag weg, besoek die Traan Druppel Kerk, die Tuin van Getsémané, die Haankraai Kerk, Die Bad van Betesda, St. Anna Kerk, en die Die Tuin Graf. Na aand ete kan u die “Shuk”” (Joodse Mark) of die Ben Yehudah Straat besoek.

Jerusalem

9

So

24/03

Ons begin die dag deur te wandel op die Mure van Jerusalem vanaf die Japha Poort tot by die Sions Poort. Ons besoek die Oppersaal die graf van Dawid, die Kardo, die Joodse gedeelte van die Ou Stad wat die Burnt House en die Temple Treasures in sluit. en die Westelike Muur. (Hier is ʼn bietjie tyd vir inkopies in die Ou Stad) Ons reis deur die vallei van Elah op pad na die Lughawe vir ons vlug na Istanbul om 21:45.

Aan boord

vliegtuig

10

Ma

25/03

Aankoms in Istanbul 00:05. Bly in transito tot 01:55 vir ons vlug terug na Kaap Stad. Aankoms in Kaap Stad 12:10 na ʼn heerlike toer in Israel met ʼn groot nuwe vriendekring. Mag die woorde op ons lippe wees; “Volgende jaar weer in

Jerusalem. In eie bed