1 wilgerloot - laerskoolmooirivier.co.za 11.pdf · zietske brits, anienke herbst, anke jacobs,...

15
1 WILGERLOOT NUUSBRIEF VAN LAERSKOOL MOOIRIVIER 11/16 AWSUM: https://issuu.com/tiemedia/docs/north_west__ SKOOL SE WEB: www.laerskoolmooirivier.co.za 16 Augustus 2016 Beste Ouers UIT DIE PERSONEELKAMER Ons betuig graag simpatie met Benje Ouwencamp. Sy ma is onverwags die naweek oorlede. Marianne Nagel se pa is steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. SKOOLKOOR WEN NASIONALE APPLOUSKOORKOMPETISIE Laerskool Mooirivier se personeel, ouers en leerlinge se blydskap ken geen einde nie. Die skoolkoor was een van net 6 laerskoolkore landswyd wat gekeur is om in die finale ronde van die ATKV-Applouskoorkompetisie deel te neem. Die skoolkoor bestaan uit 82 koorlede wat wissel vanaf gr. 4 tot 7 en het op Sondag, 7 Augustus op Stellenbosch deelgeneem aan die finaal. Die koor is aangewys as die beste Afrikaanse Laerskoolkoor in die finaal. Die koor het ook sertifikate ontvang vir die beste uitvoering van ‘n voorgeskrewe lied en die beste uitvoering van ‘n Afrika-lied. Die talentvolle koorleier is Esmie Koornhof. Sy is bygestaan deur Petro Coetzee (begeleier), Marguerite van Wyk (perkussie) en Piet Koornhof (viool). Die baie ervare koororganiseerder, Sonja Coetzer, het die leisels tydens die busrit en optrede styf vasgehou. NETBALSPAN WEN SA’S Die Tokkies is opgewonde en bly want die haas ondenkbare het gebeur: Mooirivier se o/13A- netbalspan wen die SA’s. Die skool se o/13A-netbalspan, Super 12- en Noordwesligawenners, het op 29 en 30 Julie aan die SASN Top Laerskole Kampioenskap op Stellenbosch deelgeneem. Die span het die provinsiale wenners van al 9 provinsies gewys waar Dawid die wortels begrawe het. 22 topspanne het aan die kampioenskap deelgeneem. Nadat Mooirivier Laerskool Wierdapark se gedugte netbalspan in die finaal met 21 11 geklop het, is daar amper van vreugde mielies geplant in die Boland. Baie geluk aan die spanlede: Jacqueline van Rooyen (kaptein), Sunel Smit (onderkaptein), Ilse Roodt, Wiané Joubert, Milana van der Merwe, Sonika Grobler, Chloé Werkman, Christine Steyn, Bjorné Jacobsz en Elize Jansen van Rensburg (afrigter). Die span, wat vanaf o/9 af alreeds saamspeel, het net 1 wedstryd in die 5 jaar verloor. Baie dankie aan al die ouers wat die span met raad en daad ondersteun het in hulle voorbereiding, opmars en stryd om die kampioentrofee.

Upload: doandieu

Post on 19-Aug-2018

233 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 1 WILGERLOOT - laerskoolmooirivier.co.za 11.pdf · Zietske Brits, Anienke Herbst, Anke Jacobs, Mathilda Liebenberg, Bianca Joubert. Gr. 3: Evan Seddon, Zenique Botes, Xandri Palmer,

1

WILGERLOOT NUUSBRIEF VAN LAERSKOOL MOOIRIVIER 11/16

AWSUM: https://issuu.com/tiemedia/docs/north_west__ SKOOL SE WEB: www.laerskoolmooirivier.co.za

16 Augustus 2016

Beste Ouers

UIT DIE PERSONEELKAMER

Ons betuig graag simpatie met Benje Ouwencamp. Sy ma is onverwags die naweek oorlede. Marianne Nagel se pa is steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.

SKOOLKOOR WEN NASIONALE

APPLOUSKOORKOMPETISIE

Laerskool Mooirivier se personeel, ouers en leerlinge se blydskap ken geen einde nie. Die skoolkoor was een van net 6 laerskoolkore landswyd wat gekeur is om in die finale ronde van die ATKV-Applouskoorkompetisie deel te neem. Die skoolkoor bestaan uit 82 koorlede wat wissel vanaf gr. 4 tot 7 en het op Sondag, 7 Augustus op Stellenbosch deelgeneem aan die finaal. Die koor is aangewys as die beste Afrikaanse Laerskoolkoor in die finaal. Die koor het ook sertifikate ontvang vir die beste uitvoering van ‘n voorgeskrewe lied en die beste uitvoering van ‘n Afrika-lied. Die talentvolle koorleier is Esmie Koornhof. Sy is bygestaan deur Petro Coetzee (begeleier), Marguerite van Wyk (perkussie) en Piet Koornhof (viool). Die baie ervare koororganiseerder, Sonja Coetzer, het die leisels tydens die busrit en optrede styf vasgehou.

NETBALSPAN WEN SA’S

Die Tokkies is opgewonde en bly want die haas ondenkbare het gebeur: Mooirivier se o/13A-netbalspan wen die SA’s. Die skool se o/13A-netbalspan, Super 12- en Noordwesligawenners, het op 29 en 30 Julie aan die SASN Top Laerskole Kampioenskap op Stellenbosch deelgeneem. Die span het die provinsiale wenners van al 9 provinsies gewys waar Dawid die wortels begrawe het. 22 topspanne het aan die kampioenskap deelgeneem. Nadat Mooirivier Laerskool Wierdapark se gedugte netbalspan in die finaal met 21 – 11 geklop het, is daar amper van vreugde mielies geplant in die Boland. Baie geluk aan die spanlede: Jacqueline van Rooyen (kaptein), Sunel Smit (onderkaptein), Ilse Roodt, Wiané Joubert, Milana van der Merwe, Sonika Grobler, Chloé Werkman, Christine Steyn, Bjorné Jacobsz en Elize Jansen van Rensburg (afrigter). Die span, wat vanaf o/9 af alreeds saamspeel, het net 1 wedstryd in die 5 jaar verloor. Baie dankie aan al die ouers wat die span met raad en daad ondersteun het in hulle voorbereiding, opmars en stryd om die kampioentrofee.

Page 2: 1 WILGERLOOT - laerskoolmooirivier.co.za 11.pdf · Zietske Brits, Anienke Herbst, Anke Jacobs, Mathilda Liebenberg, Bianca Joubert. Gr. 3: Evan Seddon, Zenique Botes, Xandri Palmer,

2

Die enorme trofee gaan gewis dié jaar uitgestal word waar almal dit kan sien.

AKADEMIESE PRESTEERDERS 85% +

Baie Tokkies het met die verpligte provinsiale eksamenvraestelle wat geskryf moes word, die geleentheid aangegryp om hulle sterre helder te laat skyn. Baie geluk aan al die Tokkies, nie net die akademiese sterre nie, wat hulle beste gedoen het! Gr. 4: Mariné Jacobs, Tobias van Dyk, Thinus Vorster, Jhanco de Beer, Esnia Brits, Alri Verster, Christi-Mari Coetzee, Jacques Schutte, Riani Maré, Amorie Loots, Hesrie van Wyk, Joshua Giliomee, Anke Visser, Bart du Plooy, Noa Cameron, Nastia Jacobs, Johann Steenkamp, Leané Hamman, Joné van der Walt, Elrie Koornhof, Maarten Jonker, Christoff Nel, Nika Visser, Emma Fourie, Daniël Burger, Chandé Weldon, Alexia Delicado, Tumé van Niekerk, Elré Espach, Tisha Gertzen, Angelique van der Westhuizen, JM Visser, Lesedi Bowen, Ronaldo Duarte. Gr. 5: Sonika Brits, Wian Landman, Leah Lauscher, Lian Groenen, Anika du Plooy, Carsten Conradie, Renate Terblanche, Rika Goede, Kara Pieterse, Marko Vorster, Nicholas du Plooy, Dewald Lubbe, Jayden du Toit, Lohyn Coetzee, Ilané Herbst, Kiara Kirsten, Marko Werkman, Jadrik Lamprecht, Zandelee Jansen van Rensburg, Zander Mostert, Matteo Beukes, Stephanus Schoeman, Andrew van Schalkwyk. Gr. 6: Elsabe Potgieter, Hannia Kempen, Cornell Grobler, Riandi Boshoff, Laura Kruger, Megan Prinsloo, Kayla Koekemoer, Philip Human, Mikayla Carson, Elyoné Coetzee, Nina Slaughter, Carmen Kruger, Sheny Nolte, Reinhardt Röntgen, Esjee van Wyk, Martin van Onselen, Marthina Mathibela, Liza Slaughter, Chanté le Roux, Jack Cameron, Selma Kotzé, Jené van Ravenswaay. Gr. 7: Michelle le Roux, Emma Nel, Michelle Hammann, Michael van Rooyen, Phillip Jonker, Merice Swart, Hildemarie Swart, Juné Holm, Hannes Koornhof, Rynard Botha, Jané du Toit, Wiané Joubert, Jacqueline van Rooyen, Elri Prinsloo, Chloé Werkman, Vickie Kruger, Danielle Verster, Sunel Smit, Bjorné Jacobsz, Milana van der Merwe, JC van Wyk.

HOKKIE IS WEER SUPER 12-WENNERS

Die o/13A-hokkiespanne van die skool het weer koning gekraai in die Super 12-kompetisie. Die skoolspan is die algehele wenners. Die seunsspan deel die wenbeker met die gedugte span van Menlopark. Die dogterspan is derde. Baie geluk aan die afrigters en spelers! Die Tokkies is trots op julle.

Laerskool Mooirivier se o/13A-hokkiespan(seuns) is die wenners van die Super 12-kompetisie. S o/13A:Rowan Bezuidenhout, Rynard Botha, Eben Verster, Michael Fourie, CP Kleynhans, James Botha, Daniël Fourie,Anthonie Labuschagne, Michael van Rooyen, Bernard Kock, Landré Gustafson, Phillip Jonker, Reinhardt Röntgen, Hannes Koornhof, Piet van Wyk (afrigter) Laerskool Mooirivier se o/13A-hokkiespan(dogters) is die bronsmedaljewenners van die Super 12-kompetisie. D o/13A: Marolene Basson, Christine Steyn, Jacqueline van Rooyen, Clarissa Liebenberg, Elri Hills, Laura Kruger, Marla Stear, Shané Hulley, Riandi Boshoff, Rouxlé Marais, Emma Nel, Milana van der Merwe, Melissa Botha, Sonika Grobler, Gretchen van Wyk (afrigter).

Page 3: 1 WILGERLOOT - laerskoolmooirivier.co.za 11.pdf · Zietske Brits, Anienke Herbst, Anke Jacobs, Mathilda Liebenberg, Bianca Joubert. Gr. 3: Evan Seddon, Zenique Botes, Xandri Palmer,

3

FINANSIES:

Indien u op 21 Junie ‘n internetbetaling gedoen het in die skoolfonds met die verwysing Van256 6-47, skakel asseblief vir Ronel Harford by telnr. 018 293 0309.

ALGEMENE KENNISSPAN BEKEND

Na 5 maande se harde leerwerk en gesonde kompetisie is die skool se span wat DV aan die Super 12-Algemene Kenniskompetisie gaan deelneem, uiteindelik bepaal. Michelle le Roux en Michelle Hamman is die skool se spanlede. Emma Nel en FC Venter is die amptelike reserwes. Die kompetisie vind op 20 Augustus by Laerskool Stephanus Roos in Pretoria plaas.

WOW-SPELFEES DEELNEMERS

Baie geluk aan die Tokkies wat gekwalifiseer het om aan die WOW-spelfees deel te neem. Die voorlopige datum waarop die provinsiale fees gaan plaasvind, is 14 September. Gr. 1: Pieter Kruger, Annabel Odendaal, Daniël van Romburgh, Petro Calitz, Nico Smit, Emmé Coetzee, Willem Retief, Schalk Coetzee, Malan Jacobsz, Joshua Strydom, Hendrik Janse van Rensburg. Gr. 2: JD van Heerden, Ben Burger, Sune van Eeden, MeLizte Botha, Carmi van der Walt, Zietske Brits, Anienke Herbst, Anke Jacobs, Mathilda Liebenberg, Bianca Joubert. Gr. 3: Evan Seddon, Zenique Botes, Xandri Palmer, Ankia Verster, Logan Botes, Jeanette Nolte, Wielann Pretorius, Jacques van Straaten, Anchen Schutte, Ilze Nolte. Gr. 4: Alri Verster, Thinus Vorster, Quinné van Graan, Gerhard van Deventer, Jhanco de Beer, Alexia Delicado, Nerica Kruger, Maarten Jonker, Erick van Eeden, Esnia Brits. Gr. 5: Wian Landman, Anika du Plooy, Lian Groenen, Sonika Brits, Sarah-Zay Davey, Tiani Greyling, Ilané Herbst, Elisna Linde, Marko Werkman. Gr. 6: Hannia Kempen, Juan-Naude Aslett, Marthina Mathibele, Nina Slaughter, Mikayla Carson, Sheny Nolte, Laura Kruger, Jonathan Botes, Esjee van Wyk, Philip Human, Riandi Boshoff, Elsabe Potgieter. Gr. 7: Michelle Hammann, Michelle le Roux, Emma Nel, Wiané Joubert, Sunel Smit, Saroné Steenekamp, Jané du Toit, Phillip Jonker, Bjorné Jacobsz, Eliske Jansen van Vuuren, Michael van Rooyen.

RADIKALE REDENAAR: NW-FINAAL

Baie geluk aan die redenaars wat aan die Radikale Redenaarfees deelgeneem het. Die volgende redenaars het almal deurgedring na die Noordwes-finaal. Die tyd en plek was nog onbekend met die skrywe van die nuusbrief. Suné Coetzee (gr. 3), Jacques Schutte (gr. 4), Joné van der Walt (gr. 4), Philip Human (gr. 6) en Juné Holm (gr. 7)

Page 4: 1 WILGERLOOT - laerskoolmooirivier.co.za 11.pdf · Zietske Brits, Anienke Herbst, Anke Jacobs, Mathilda Liebenberg, Bianca Joubert. Gr. 3: Evan Seddon, Zenique Botes, Xandri Palmer,

4

Philip Human (gr. 6) het vir die Radikale leeskompetisie: Prosa, deurgedring na die Nasionale Rondte wat op 14 Oktober by Garsfontein gehou word.

SKOOLLANDLOOPSPAN (SEUNS) – SUPER 12-

NAASWENNERS

Die Olimpiese Spele in Rio het beslis die skool se landloopspan geinspireer. Die span het op Saterdag, 13 Augustus aan die Super 12-kompetisie by Konka deelgeneem en baie goed presteer. Die o/10-seunsspan het net soos verlede jaar met die goue medalje weggestap. Baie geluk aan Jhanco de Beer, Christoff Retief, Stefan en Etienne Bezuidenhout. Die skool se seunsspan het algeheel tweede gekom in die kompetisie. Danielle Verster se harde werk is in die indivuele kompetisie met ‘n bronsmedalje beloon. Baie geluk aan die windhonde en hulle afrigters, Willie Lubbe en Annelene de Kock.

SKAAKSPELERS PRESTEER BY NW-

SPANKOMPETISIE

Die skool se skaakspelers het op 13 Augustus aan die NW-spankompetisie deelgeneem en besonder goed gevaar. Die o/7-span het gesamentlik ‘n eerste plek gedeel met ‘n ander skool. Die o/13-span het ‘n tweede plek verower. Die Tokkies is baie trots op die spelers.

KRIEKET: SUPER 12-UITSLAE

Baie geluk aan die o/11A-krieketspan wat derde gekom het in die Super 12-kompetisie. Sestien skole het aan die kompetisie deelgeneem. Die o/13A-span was agste van twintig skole. In die skoolspankompetisie het Laerskool Mooirivier vyfde geëindig.

KRIEKET: POTCHEFSTROOMDISTRIKSPANNE

Baie geluk aan die Tokkies wat gekies is vir die Potchefstroomse Distrikkrieketspanne: o/11A: Jadrik Lamprecht, Lhuan-dré Pretorius, Marko Werkman, Ruan Lotz, Jacques Schutte. o/11B: Richter van der Merwe, Wian Landman, Adrew van Schalkwyk. o/12A: Maartin van Onselen, Cornell Grobler, Reinhardt Röntgen. o/12B: Janré Wentzel, Bernard Kok, Jannie Niemand, Juwan Retief. o/13A en B: Michael Fourie, Dylan Niemack, Rowan Bezuidenhout, Xander van Gass, Phillip Jonker, James Botha, Michael van Rooyen, Rynard Botha, Gerhard Muntingh, Eben Verster, Landre Gustafson, Ronan Melrose (reserwe).

Page 5: 1 WILGERLOOT - laerskoolmooirivier.co.za 11.pdf · Zietske Brits, Anienke Herbst, Anke Jacobs, Mathilda Liebenberg, Bianca Joubert. Gr. 3: Evan Seddon, Zenique Botes, Xandri Palmer,

5

MOOIRIVIER MOOIER AS MOOI CLASSIC GHOLFDAG

OP 9 SEPTEMBER

Die skool se jaarlikse Gholfdag vind DV op Vrydag, 9 September by Parys Gholfbaan plaas. Persone wat belangstel om die dag te speel, kan solank die datum op die kalender aanteken. Piet Dreyer is die organiseerder. Die inskrywingsfooi is soos volg: R2500 per vierbal (sluit karretjies, halfweghuis en aandete in) R1250 per putjieborg (slegs uitstallings en geen bemanning) Gratis watergat (slegs vier toegelaat) moet drinkgoed en eetgoed voorsien en beman wees. U kan die volgende persone kontak vir meer inligting: Piet Dreyer 082 684 5085 [email protected] Rudi van Dyk 082 335 4364 Abe Pretorius 082 338 6009

SKOOLREDENAARSKOMPETISIE

Die kompetisiedatums is soos volg: 5 September Gr. 1 tot 4 (2 – 3 minute) 6 September Gr. 5 & 6 (3 – 4 minute) 15 September Gr. 7 (4 – 5 minute) Elke deelnemer aan die skoolredenaarskompetisie ontvang ‘n deelname-sertifikaat en kry erkenning daarvoor tydens die erkenningsfunksie. Die wenner van elke graad ontvang ‘n klein trofeetjie. NB: Slegs redenaars wat eerste tot vierde plekke tydens vanjaar se kompetisie behaal het, kry volgende jaar die geleentheid om te kwalifiseer vir die Super 12- en ATKV-spanne.

KALENDER: AUGUSTUS

Dinsdag 16 Krieketliga: o/13A MR x MLF (15) Woensdag 17 Kwartaaltoets: NW gr. 7

Gimmies se Opedag Hokkieliga: o/13B-seuns Burgersdorp x MR om 15:30 op Lichtenburg Donderdag 18 Kwartaaltoets: NW gr. 4 - 6

Beheerliggaamvergadering om 18:00– Personeelverversinggroep 1 Krieketliga: o/13B MR x MLF (15); o/11: MR x C

Vrydag 19 Hokkieliga: o/13A & B-dogtersuitspele Poel 1 x Poel 2 Astro A & B om 14:30 & 15:30

Bybelvasvra: Rondte 2 by Laerskool Meiringspark Saterdag 20 Super 12: Algemene Kennis by Laerskool Stephanus Roos Hokkie: NW-streeksliga voltooi Landloop: ASNW-kampioenskap by NWU Puk Joolplaas

Page 6: 1 WILGERLOOT - laerskoolmooirivier.co.za 11.pdf · Zietske Brits, Anienke Herbst, Anke Jacobs, Mathilda Liebenberg, Bianca Joubert. Gr. 3: Evan Seddon, Zenique Botes, Xandri Palmer,

6

Sondag 21 Maandag 22 Opening: Marianne Nagel

Tema van die week: ‘n Goeie Tokkies praat suiwer Afrikaans. Snoepiediens: Onderwyser: Louré Bamberger

Klas: Gr. 2:25 Personeel op terreindiens: Edwin Warren, Sonja Coetzer, Marelise de Beer Snoepieleiers, skolierpatrollie en medialeiers: Groep 1

Dinsdag 23 Kwartaaltoets: EBW (slegs gr.7) Krieketliga: o/13B BP x MR (15)

Krieketliga: o/10 MR x BP (25) Woensdag 24 Donderdag 25 Kwartaaltoets: SW (Aardrykskunde) gr. 4 – 7 Eddie Walker Hokkietoernooi Krieketliga: o/13A MR x C (15); o/10 MR x Saints (20) Vrydag 26 Gr. 7-entrepreneursdag

Rep-en-Roer: Koekverkoping – Hasies Hokkieliga: NW-kwartfinaal Eddie Walker Hokkietoernooi

Saterdag 27 Hokkie: NW-kwartfinale voltooi Skaakproewe by Driefonteine

Eddie Walker Hokkietoernooi Sondag 28 Maandag 29 Opening: Jako Malan

Tema van die week: ‘n Oulike Tokkie stel belang in wêreldsake. Snoepiediens: Onderwyser: Gerda Bezuidenhout

Klas: Geen Personeel op terreindiens: Eize Jansen van Rensburg, Riana Loest, Marida van Eeden Snoepieleiers, skolierpatrollie en medialeiers: Groep 2

Dinsdag 30 Kwartaaltoets: Wiskunde (Gr. 7) Krieketliga: o/13A MLF x MR (25); o/13B MR x MLF (25);

o/11 PPrim x MR (15) Dogtershokkiewedstryde vir gr. 3 tot 7 op Astro Woensdag 31

SEPTEMBER

Donderdag 1 Kwartaaltoets: SW (Geskiedenis) gr. 4 - 7

Edwin Warren verjaar Dogtershokkiewedstryde vir gr. 3 tot 7 op Astro Krieketliga: o/13A MR x BP (25); BP x MR (25); o/11 MLF x MR (25); o/10 MR x MLF (25)

Vrydag 2 Hokkie: NW-semifinale voltooi Lentedagfeesviering Saterdag 3 Gholf: Noordwes Junior Beterbal Kampioenskap Hokkie: NW-finaal Sondag 4 Hoofdesimposium Maandag 5 Opening: Benje Ouwencamp

Tema van die week: ‘n Tokkie doen sy skoolwerk getrou.

Page 7: 1 WILGERLOOT - laerskoolmooirivier.co.za 11.pdf · Zietske Brits, Anienke Herbst, Anke Jacobs, Mathilda Liebenberg, Bianca Joubert. Gr. 3: Evan Seddon, Zenique Botes, Xandri Palmer,

7

Snoepiediens: Onderwyser: Chrizél Jordaan Klas: Gr. 2:36

Personeel op terreindiens: Jako Malan, Marianne Nagel, Beula Aucamp Snoepieleiers, skolierpatrollie en medialeiers: Groep 3 Gr. 7-toer na Mpumalanga

Hoofdesimposium Skoolredenaarskompetisie: Gr. 1 – 3 in skoolsaal om 17:30 Skoolredenaarskompetisie: Gr. 4 in mediasentrum om 17:30 Dinsdag 6 Gr. 7-toer na Mpumalanga

Hoofdesimposium Skoolredenaarskompetisie: Gr. 5 in mediasentrum om 17:30 Gr. 6 in skoolsaal om 17:30 Dogtershokkiewedstryde vir gr. 3 tot 7 op Astro Krieketliga: o/11 MR x BP (25); o/10 C x MR (20)

Woensdag 7 Gr. 7-toer na Mpumalanga Hoofdesimposium

Donderdag 8 Gr. 7-toer na Mpumalanga Kwartaaltoets: Wiskunde gr. 4 – 6 Dogtershokkiewedstryde vir gr. 3 tot 7 op Astro Vrydag 9 Gr. 7-toer na Mpumalanga Laerskool Mooirivier Gholfdag by Parys Buiteklub Saterdag 10 Skaak by Driefonteine (geslote) Landloop: SA’s in George Sondag 11 Maandag 12 Opening: Hendra Greyling

Tema van die week: ‘n Tokkie luister met aandag na die onderwyser Snoepiediens: Onderwyser: Marida van Eeden

Klas: Gr. 2:24 Personeel op terreindiens: Benje Ouwencamp, Michelle Hendriks, Anuscha Janse van Rensburg Snoepieleiers, skolierpatrollie en medialeiers: Groep 4

Dinsdag 13 Dogtershokkiewedstryde vir gr. 3 tot 7 op Astro Krieketliga: Kwartfinale wedstryde Woensdag 14 Wow-spelfees (NW-uitdun) Gr. 1-inligtingsdag Donderdag 15 Kwartaaltoets: NW gr. 4 - 7 Skoolredenaarskompetisie: Gr. 7 in skoolsaal om 17:30

Krieketliga: Kwartfinale wedstryde (alternatiewe datum) Dogtershokkiewedstryde vir gr. 3 tot 7 op Astro

Vrydag 16 Saterdag 17 Beula Aucamp verjaar Sondag 18 Nelleke du Toit (R&R) verjaar Maandag 19 Opening: Gerald Sutton

Tema van die week: ‘n Tokkie lees Bybel en bid gereeld. Snoepiediens: Onderwyser: Marianne Nagel

Klas: Gr. 2:23 Personeel op terreindiens: Gerald Sutton, Hanlie Kruger (1), Louré Bamberger Snoepieleiers, skolierpatrollie en medialeiers: Groep 1

Dinsdag 20 Kwartaaltoets: Tegnologie (gr. 7) Krieketliga: Semifinale wedstryde Woensdag 21

Page 8: 1 WILGERLOOT - laerskoolmooirivier.co.za 11.pdf · Zietske Brits, Anienke Herbst, Anke Jacobs, Mathilda Liebenberg, Bianca Joubert. Gr. 3: Evan Seddon, Zenique Botes, Xandri Palmer,

8

Donderdag 22 Johnny Warren verjaar Krieketliga: Semifinale wedstryde (alternatiewe datum)

Vrydag 23 Grooteet – Personeelverversinggroep 4 Saterdag 24 Erfenisdag Sondag 25 Maandag 26 Opening: Marida van Eeden

Tema van die week: ‘n Tokkie gee om vir bejaardes Snoepiediens: Onderwyser: Annelize Rostron

Klas: Geen Personeel op terreindiens: Willie Lubbe, Meandra Strydom, Hanlie Krüger (2) Snoepieleiers, skolierpatrollie en medialeiers: Groep Gholf: Potchefstroomliga by Goldfields

Dinsdag 27 Krieketliga: Finale wedstryde Rep-en-Roer Revue Woensdag 28 Oueraand vir die briefdraers van gr. 1 tot 3 in die skoolsaal om 18:00 Donderdag 29 Krieketliga: Finale wedstryde (alternatiewe datum)

Oueraand vir die briefdraers van gr. 4 tot 7 in die skoolsaal om 18:00 Rep-en-Roer: Koekverkoping - Vissies

Vrydag 30 Skool sluit vir Aardklopvakansie Hokkie: NW-hokkie uitdaagreeks (“Champ of Champs”) Krieket: Provinsiale distrikteweek in Potchefstroom, Brits en Klerksdorp

OKTOBER

Saterdag 1 Krieket: Provinsiale distrikteweek in Potchefstroom, Brits en Klerksdorp Sondag 2 Krieket: Provinsiale distrikteweek in Potchefstroom, Brits en Klerksdorp

Vriendelike groete ………………………………… R.G.B. Jacobs HOOF

Page 9: 1 WILGERLOOT - laerskoolmooirivier.co.za 11.pdf · Zietske Brits, Anienke Herbst, Anke Jacobs, Mathilda Liebenberg, Bianca Joubert. Gr. 3: Evan Seddon, Zenique Botes, Xandri Palmer,

9

Page 10: 1 WILGERLOOT - laerskoolmooirivier.co.za 11.pdf · Zietske Brits, Anienke Herbst, Anke Jacobs, Mathilda Liebenberg, Bianca Joubert. Gr. 3: Evan Seddon, Zenique Botes, Xandri Palmer,

10

For all your automotive glass repairs , give us a call or pay us a visit.

31 Walter Sisulu Lane , Potchefstroom , 2530 Tel: 018 285 1087

Page 11: 1 WILGERLOOT - laerskoolmooirivier.co.za 11.pdf · Zietske Brits, Anienke Herbst, Anke Jacobs, Mathilda Liebenberg, Bianca Joubert. Gr. 3: Evan Seddon, Zenique Botes, Xandri Palmer,

11

Page 12: 1 WILGERLOOT - laerskoolmooirivier.co.za 11.pdf · Zietske Brits, Anienke Herbst, Anke Jacobs, Mathilda Liebenberg, Bianca Joubert. Gr. 3: Evan Seddon, Zenique Botes, Xandri Palmer,

12

Page 13: 1 WILGERLOOT - laerskoolmooirivier.co.za 11.pdf · Zietske Brits, Anienke Herbst, Anke Jacobs, Mathilda Liebenberg, Bianca Joubert. Gr. 3: Evan Seddon, Zenique Botes, Xandri Palmer,

13

Nadia Uys Netball to the Limit Basiese tot gespesialiseerde vaardighede. Plek: Laerskool Mooirivier se netbalbane

Woensdagmiddae vanaf 14:00 – 15:00 Ouderdom: Gr. 1 – 3

Privaatsessies kan gereël word vir gr. 4 tot 7’s R220 per maand

Nadia Uys 082-577-9849

[email protected]

-

Flick Flick hokkie se hoofdoel is om aan hokkiespelers op

laerskoolvlak die geleentheid te bied tot verdere kwaliteitafrigting en ontwikkeling. Shuan Hulley (NWU-hoofafrigter) en Sheldon Rostron (hoofafrigter van die

SA-Damesspan) is aan die stuur van die akademie. Wie? o/7 tot o/13-seuns en dogters

Vrydae van 17:30 tot 18:30 NWU-Puk-Astro

R150 registrasie R385 per maand Navrae: [email protected]

-

SPRAAKTERAPEUT & OUDIOLOOG REMEDIëRING

Marianna Geel (018) 290-6658 082 825-5651

-

KITAARLESSE VIR BEGINNERS

(vanaf gr. 2) R350 per maand – 1 keer per week te Colensostr.

7, Kanonnierspark Kontak Anet by 079-495-3629

-

A & E Wedding and Function Décor

A & E can assist you with all your needs for all types of functions and weddings.

We supply: Crockery, Vases, Glasses and cutlery, Red Carpet, Candles, Fairy Lights, Linen, Table

cloths, Overlays, Chairs, Round Tables, Long and Wooden Tables.

018 290 765

-

Page 14: 1 WILGERLOOT - laerskoolmooirivier.co.za 11.pdf · Zietske Brits, Anienke Herbst, Anke Jacobs, Mathilda Liebenberg, Bianca Joubert. Gr. 3: Evan Seddon, Zenique Botes, Xandri Palmer,

14

NIEEKMAARU

KUNSklub Stel jy belang in teken, verf, skilderklasse vir 2016???

Bel nou om jou plek te verseker!!

* PLEK: Aalwynstr 16, Baillie Park.

* KINDERS SE KLASSE @ R250 per mnd, Ma

&Vr 14h15-16h30

* VOLW KLASSE @ R320 per mnd, Wo 9h-

12h, Do 18h-21h

vir navrae skakel Elsa by 082-4164075 - -

WISKUNDE & ENGELS

Opvoeding waarop jy kan staatmaak!

Kontak Jani du Plessis 0837765776 [email protected]

Begin vroeg en verseker sukses! -

Nellie Joubert

(CEA, NQF,PPRE)

RE/MAX LEGACY

Cnr Piet Uys and Goven Mbeki, Potchefstroom.

Sel: 083 661 3923 Email: [email protected] -

ADVERTENSIES KAN IN DIE SKOOL SE WILGERLOOT GEPLAAS

WORD TEEN R400 VIR DIE JAAR. Betaal die R400 by Ronel Harford by die kantoor in.

Stuur die advertensie elektronies aan [email protected]

-

LELANIE MALAN KLINIESE SIELKUNDIGE

Pr Nr: 0618446 Hulp met onder andere;

Evaluasies

Gedragsprobleme

Emosionele probleme (angs, depressie, ens.)

Aandagafleibaarheid en hiperaktiwiteit

Kontakbesonderhede: 079 526 7382

[email protected]

--

--

GROBLER HOUTWERKE

ONS SPESIALISEER IN ALLE HOUTWERK TEEN FABRIEKSPRYSE

Melamien & soliede houtkombuise

Ingeboude kaste & TV eenhede Sny & edge van borde, Trappe ens.

ANDRE GROBLER : 0823759002

Elsenbroekstraat 26, Potchindustria -

AU PAIRS Jongmense beskikbaar by Equilibria Afrondingskool

vir ‘Au Pair’ werk (kan kinders vervoer en oppas in die middae).

Kontak Jomari de Beer by [email protected]

of 079 503 9489. -

-

Page 15: 1 WILGERLOOT - laerskoolmooirivier.co.za 11.pdf · Zietske Brits, Anienke Herbst, Anke Jacobs, Mathilda Liebenberg, Bianca Joubert. Gr. 3: Evan Seddon, Zenique Botes, Xandri Palmer,

15