1. skoolwapen en leuse i. herkoms van leuse - laerskool de … · 2013. 2. 28. · van laerskool de...

23
1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse: Dit is „n versreël uit die vierde ode van die vierde boek van die odes van die Romeinse digter Horatius. Die betrokke gedig is geskryf ter ere van die jong Drusus, stiefseun van Augustus (Horatius het kort voor Christus geleef) by geleentheid van die oorwinning wat hy behaal het oor die Vindelinci, „n Germaanse volkstam uit die streek wat vandag min of meer Beiere in Suid-Duitsland is. Die digter se uitgangsgedagte is dat ingebore kragte en talente met die regte opvoeding tot volle ontplooiing kom, soos in die geval van Drusus. Die oorspronklike versreëls lui: Fortes creantur fortibus et bonis; Est in invencis, est in equis partum Virtus, neque imbellem feroces Progenerant aquilae columbam Doctrina sed vim promovet insitam, Rectique cultus pectro roborant „n Letterlike vertaling sal dan soos volg lui: Dapperes word gebore uit dapper en edele manne, In jong bulle en perde is die deug van hul vaders, En menige arende bring nie die vreedsame duif voort nie; Maar tog versterk lering die ingebore krag, En versterk die regte opvoeding die inbors. Die woord “vim” beteken eintlik “geesteskragte”. „n Vrye vertaling is dus: “Geletterdheid ontwikkel die sluimerende geesteskragte” LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF PRIMARY SCHOOL PROSPEKTUS/PROSPECTUS

Upload: others

Post on 14-Mar-2021

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

1. SKOOLWAPEN EN LEUSE

i. Herkoms van leuse:

Dit is „n versreël uit die vierde ode van die vierde boek van die odes van die Romeinse digter Horatius. Die betrokke gedig is geskryf ter ere van die jong Drusus, stiefseun van Augustus (Horatius het kort voor Christus geleef) by geleentheid van die oorwinning wat hy behaal het oor die Vindelinci, „n Germaanse volkstam uit die streek wat vandag min of meer Beiere in Suid-Duitsland is. Die digter se uitgangsgedagte is dat ingebore kragte en talente met die regte opvoeding tot volle ontplooiing kom, soos in die geval van Drusus. Die oorspronklike versreëls lui:

Fortes creantur fortibus et bonis;

Est in invencis, est in equis partum

Virtus, neque imbellem feroces

Progenerant aquilae columbam

Doctrina sed vim promovet insitam,

Rectique cultus pectro roborant

„n Letterlike vertaling sal dan soos volg lui: Dapperes word gebore uit dapper en edele manne,

In jong bulle en perde is die deug van hul vaders, En menige arende bring nie die vreedsame duif voort nie; Maar tog versterk lering die ingebore krag, En versterk die regte opvoeding die inbors.

Die woord “vim” beteken eintlik “geesteskragte”. „n Vrye vertaling is dus: “Geletterdheid ontwikkel die sluimerende geesteskragte”

LAERSKOOL

DE VILLIERS GRAAFF

PRIMARY SCHOOL

PROSPEKTUS/PROSPECTUS

Page 2: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF

BELEIDSDOKUMENT

EN

TERSAAKLIKE INLIGTING

2.

ii. Die skoolwapen

Die agtergrond is die DE VILLIERS-wapen. Omdat die skool die stamnaam dra van die familie, het hy die reg om die familiewapen te gebruik. Die De Villiers-wapen is een van die oudste familiewapens en dateer tot in die verre verlede. Die wapen is aan die DE VILLIERS familie toegeken omdat een van die voorouers aan die kruistogte deelgeneem het en hy vir „n tydperk in die 11de eeu koning van Jerusalem was. Hy was Amaeri… uitgespreek as Amoorie. Die familie kry die reg van die konings van Frankryk om die (Paaslam) asook die kruistogvaandel op die wapen aan te bring. Gewoonlik kom die kroon op „n wapen op die helm. Die kroon in die regterhoek is die teken dat dit „n koninklike reg was om die wapen te dra. Dit is die simbool van die feit dat Amaeri „n koning was van Jerusalem. Dit is die enigste skoolwapen in die land wat daadwerklike verwysing na die kruistogte dra. Blou en Silwer (Wit) slegs heraldiese kleure Leuse : Kom uit „n Ode van Horatius DOCTRINA VIM PROMOVET INSITAM (Geleerdheid ontwikkel die sluimerende geesteskragte)

Page 3: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF

BELEIDSDOKUMENT

EN

TERSAAKLIKE INLIGTING

3.

2. SKOOLLIED „n Skoollied vir ons skool is in November 1983 in gebruik geneem. „n Afskrif van die lied in die skrywer se eie handskrif is in die voorportaal. Die Lied Ons sing van waterstrome, Van vrugbare vallei, Van tuine en van boorde Hier in ons mooi kontrei. Ons kyk op na die berge Die hemelblou daarbo Ons hulp is van die Here In Hom sal ons bly glo. Dis hier waar Akkedissies woel En saamstaan een van sin, Ons skool se vaandel hoog te dra, Die skool wat ons bemin. (Woorde en musiek deur R du Plessis) Schoolsong We‟ll sing of streamlets murmuring Through valley rich and fine, Where gardens flourish in the sun, With crops of fruit and vine. We‟ll look up to the mountains, The sky above so blue; Our help comes from the Lord alone To Him we shall be true. „Tis here were Akkedissies thrive, Join hands in work and play; We‟ll bear the banner of our school, And praise her day by day. (Words and music by R du Plessis)

Page 4: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF

BELEIDSDOKUMENT

EN

TERSAAKLIKE INLIGTING

4.

3. IETS OOR GISTER EN EERGISTER DIE PRIMêRE SKOOL DE VILLIERS GRAAFF (1872) (LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF) Op versoek van veldkornet PH de Villiers, grootvader van die latere Sir David en Sir Jacobus Graaff, in 1843 aan die koloniale sekretaris van die Kaap, is „n skool in die plaaslike Engelse kerk in 1855 deur Mnr Little gestig. Weens die onaanvaarbaarheid van die karakter en gees wat deur hierdie

skooltjie vertolk is, is „n opposisie-skool in 1871 deur die Hollanders gestig, wat in 1872 amptelik as „n Derdeklas Goewermentskool erken is. Mnr DS Botha, die eerste skoolhoof, het aanvanklik sy sewentien leerlinge in die konsistoriekamer van die N G Kerk onderrig, vervolgens in die

waenhuis van “Oude Huis” en daarna in 1876 in die skooltjie langsaan die koshuis “Pomona”. Na sy bedanking in 1879, is Mnr Botha opgevolg deur mnre SJ Celliers, WP Fouche en JF Zeeman. Laasgenoemde was dan ook verantwoorde- lik vir die sukses van die eerste twee kandidate in die junior matriek-

eksamen in 1903. Weens die stygende getalle het die skool in 1894 verhuis na die CJV – saal (Vlermuissaal).

In 1904, onder hoofskap van mnr HC de Wet, het die eerste leerlinge die Matrikulasie-eksamen geskryf. As gevolg van die kragdadige optrede van Ds EG Malherbe en die nuwe hoof mnr JH Pienaar (1905), is “Graaffsaal” en die “De Villiers Graaff Instituut” opgerig. Die hoeksteenlegging is op 7 Mei 1907 deur mnr JH Hofmeyer (Onse Jan) waargeneem. Aan die 190 leerlinge en 7 leerkragte was sy kernagtige boodskap:”AANHOUER WEN!”

In 1908 is mnr AJ Lambrechts as hoof aangestel en as vise-hoof mnr F de Lange. Op laasgenoemde se aandrang is „n aanhaling uit die ordes van Horatius – DOCTRINA VIM PROMOVET INSITAM – tot skoolleuse gekies.

Onder mnr Lambrechts se hoofskap is die swembad in 1914 in gebruik geneem (geskenk van Sir David Graaff), “Protea, tans “Malherbehuis” ingewy en is die wetenskapgebou in 1919 voltooi en is die skool tot Hoërskool verhef in 1914. Ook is in 1919 “Rose Villa” in gebruik geneem as „n koshuis vir minderbevoorregte leerlinge. Uit hierdie koshuis het die huidige “Huis Du Raan” gegroei.

Page 5: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF

BELEIDSDOKUMENT

EN

TERSAAKLIKE INLIGTING

5.

Op betreklike jeugdige ouderdom het mnr AM de Villiers in 1920 hoof geword van die Hoërskool wat as gevolg van sy ywer en deursettings- vermoë gegroei het tot die Hoërskool Spesiale Graad in 1945. Daar was vele hoogtepunte in hierdie tydperk: Al die Graaff skenkings; in gebruikneming van “Spes Bona” (1928) en “Jalna” (1936) (Huis De Villiers) as koshuise; in 1926 was daar vanaf Substanderds A tot St 10 nie een druipeling nie (400 leerlinge), „n prestasie wat nog nooit weer herhaal is nie. In 1943 is die kleinkinderskool met drie klaskamers opgerig en in 1946 vergroot om die hele primêre afdeling te huisves. Op 1 Julie 1947 het die skool verdeel in die huidige Hoër en Primêre Skole. Mnr JA de Lange is aangestel as die eerste skoolhoof van die Primêre Skool De Villiers Graaff, „n pos wat hy beklee het tot met sy aftrede einde 1961. Gedurende hierdie tyd het hy kragdadig sy geestes gawes aan die belange van die onderwys bestee en hom veral beywer vir die eer van die professie. Die liefde vir die kind het daartoe bygedra dat op sy grafsteen slegs die woord : KINDERVRIEND pryk. Hy is in 1962 opgevolg deur mnr JP Venter wat einde van dieselfde jaar weer vertrek het. Hy is weer opgevolg deur mnr PWS de Beer wat op 30 Junie 1981 met pensioen uit die diens getree het. In Oktober 1981 volg mnr APF Baard mnr De Beer op as die vierde hoof van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996 neem mnr DH Victor die leisels oor by mnr Baard. Op 30 Junie 2006 bedank mnr Victor as skoolhoof by Laerskool De Villiers Graaff. Hy is opgevolg deur mnr JF Bruwer. In 1872 was daar slegs 17 leerlinge en 1 onderwyser en in 1947 agt leerkragte met 270 leerlinge. Tydens die Eeufeesvieringe in 1972 was

die statistiek : 18 onderwysers met 400 leerlinge. Weens die sluiting van die privaat koshuis, “Huis De Villiers”, het die skool se getalle in 1979 gedaal tot 350.

Sedert die Eeufeesvieringe in 1972 het baie veranderinge in en om die Skool plaasgevind. Die Skool beskik oor „n baie goed toegeruste rekenaarsentrum, „n uitstekende Tegnologielokaal, „n Saal, „n Biblioteek, Laboratorium, Kunsklas en musiekklasse. Op 10 September 1983 is die sportgronde ingewy en word dit as Akkedispark gedoop.

Page 6: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF

BELEIDSDOKUMENT

EN

TERSAAKLIKE INLIGTING

6.

VISIE

Voorbereid vir die Toekoms!!!

MISSIE WAARDESISTEEM: Ons waardesisteem word onderskryf deur Bybelse

waardes. KIND: Selfstandige leerders wat gedissiplineerd en kreatief

is. Leerders se individuele potensiaal word identifiseer

en ontwikkel. PERSONEEL: Entoesiastiese opvoeders wat voortdurend aanpas

by die eise van die tyd. OUERS EN „n Goed ingeligte, positiewe ouergemeenskap wat GEMEENSKAP: betrokke is by hul kinders se opvoedingsproses. BESTUUR: Optimale benutting van die infrastruktuur en

hulpbronne van die skool, deursigtige finansiële bestuur en goeie kommunikasie.

DEPARTEMENT: Ons erken die Derpartement van Onderwys se rol in

die hele onderwysproses en ons verwag dat die department „n ondersteunende rol sal speel in die skool se Visie en Missie.

Page 7: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF

BELEIDSDOKUMENT

EN

TERSAAKLIKE INLIGTING

7.

DOELSTELLINGS VAN DIE SKOOL 1. Om onderwys van hoogstaande gehalte aan leerders te voorsien. 2. Om in die opvoedkundige behoeftes van ALLE leerders te voorsien

sonder om op enige wyse te diskrimineer. 3. Om sover moontlik moedertaalonderrig te laat plaasvind binne die

Taalbeleid van die skool. 4. Om behoudens die bepalings van artikel 7 van die Wet,

godsdiensbeoefening by die skool op „n billike wyse te laat geskied en om die bywoning daarvan deur leerders en personeellede op „n vrywillige basis te laat geskied.

5. Om die skoolfonds, alle opbrengste daaruit en alle bates van die skool,

slegs te gebruik ooreenkomstig die bepalinge van artikel 37 van die Wet, en om dienste sowel as die infrastruktuur daar te stel uit hierdie fondse in belang van alle leerders en die onderwys as sulks.

6. Om finansieel so te funksioneer dat die skool sy verpligtinge sal kan

nakom. 7. Om die breë gemeenskap te dien deur leerders so voor te berei dat

hulle as gebalanseerde volwassenes hul plek in die samelewing kan inneem.

8. Om aan die personeel van die skool die geleentheid te bied om

professioneel te groei, werksbevrediging te kry en sodoende onderwys van hoogstaande gehalte te lewer.

9. Om „n gebalanseerde bydrae te lewer tot die bevordering van sport en

kultuur in die algemeen, maar in besonder om sport- en kultuurbedrywighede as opvoedingsgeleenthede te benut tot voordeel van alle leerders in die skool.

Page 8: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF

BELEIDSDOKUMENT

EN

TERSAAKLIKE INLIGTING

8.

BELEID VIR GODSDIENSBEOEFENING

ALGEMEEN Hierdie beleid vir godsdiensbeoefening is addisioneel tot die Grondwet van die Beheerliggaam en die Gedragskode van Laerskool De Villiers Graaff.

Beginsels vir Godsdiensbeoefening 1. Die beginsel van billikheid word erken soos vervat in Artikel 7 van die

Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet 84 van 1996) 2. Die bywoon van geleenthede waar godsdiensbeoefening plaasvind is

daarom vry en vrywillig. Leerders en personeel wat „n grondige beswaar het, kan verskoon word daarvan, nadat die aangeleentheid met die skoolhoof bespreek is en „n skriftelike ooreenkoms bereik is.

3. Die missie van hierdie skool is onder andere om „n gunstige

skoolklimaat te skep waarin Christelike waardes en norme nagestreef word om leerders tot volwassenheid te lei.

4. Die Christelike godsdiens word dus as uitgangspunt gebruik tydens

saalbyeenkomste, Bybelonderrig en ander geleenthede waar godsdiensbeoefening plaasvind.

Page 9: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF

BELEIDSDOKUMENT

EN

TERSAAKLIKE INLIGTING

9

TOELATINGSBELEID ALGEMEEN Hierdie beleid is addisioneel tot die Grondwet van die Beheerliggaam en die Gedragskode van Laerskool De Villiers Graaff.

Beginsel vir toelating 1. Die voedingsarea van Laerskool De Villiers Graaff is primêr die

Viliiersdorp omgewing. 2. Leerders moet nie meer as 18 maande ouer wees as die normale

ouderdom van die leerders in die betrokke graad nie. 3. Die Leerder en sy/haar ouer(s)/voog(de) moet vertroud wees met die

gedragskode van die skool, onderneem om die skool- en ordereëls na te kom en hulle te onderwerp aan die dissipline van die skool.

4. Die Skoolbeheerliggaam behou hom die reg voor om toelating te

weier, wanneer „n betrokke graadgroep reeds in so „n mate beset is dat daar nie meer leerders tot daardie graad toegelaat kan word nie (met inagneming van die fisiese geriewe en die onderwyser: leerder- verhouding soos deur die Departement van Onderwys neergelê as norm).

5. „n Leerder moet die waardes van die skool onderskryf en dit uitleef. 6. Leerders wat hulle voorheen skuldig gemaak het aan „n ernstige oortreding en of tydelik of permanent uit „n ander skool uitgesit is, kan toelating geweier word. 7. Dit word van ouer(s)/voog(de) verwag om met toelating van leerder(s) die onderneming ten opsigte van skoolgelde te voltooi en te onderteken. 8. Toelating tot hierdie skool is eers gefinaliseer nadat die registrasie van

die leerder afgehandel is.

Page 10: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF

BELEIDSDOKUMENT

EN

TERSAAKLIKE INLIGTING

10.

ALGEMENE INLIGTING A. SKOOL- EN SPORTDRAG 1. SEUNS 1.1 Skooldrag

Broek : Grys skool kortbroek vir die somer en „n langbroek gedurende die winter

Hemp : Wit kortmou skoolhemp vir die somer en vir die winter „n wit langmou skoolhemp met „n skooldas.

Kouse : Lang grys skoolkouse. Skoene: Swart leer.

Oorwegend wit tekkies met wit veters en wit sokkies is toelaatbaar by sweetpak.

Sweetpak: Sweetpak mag gedra word vanaf Maandag tot Donderdag tesame met wit tekkies en - sokkies en ‟n sporthempie.

1.2 Sportdrag

Atletiek : Donkerblou LO-broekie, donkerblou hempie met donkergroen kraag en mouboordjies en skoolembleem (Akkedissie) op bors. Atletiekfrokkie is beskikbaar by klerebank vir atlete wat verder as die kleurebyeenkoms vorder.

L.O. : Donkerblou LO-broekie en donkerblou hempie met moue.

Rugby : Donkerblou LO-broekie en rugbytrui vir wedstryde. Vir oefeninge, soos hierbo of „n wit T-hemp as rugbytrui vuil is. „n Oefentrui is ook aanvaarbaar. Rugbytruie word voorsien vir wedstryde deur die skool.

Krieket : Donkerblou broekie, LO-hempie en spesiale krieketkouse

vir wedstryde. Vir oefeninge L.O.-drag of wit T-hemp indien sporthemp vuil is.

Page 11: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF

BELEIDSDOKUMENT

EN

TERSAAKLIKE INLIGTING

11.

2. DOGTERS 2.1 Skooldrag

Skoolrok : Lengte nie meer as 10cm bo die knie in „n knielende posisie nie.

Hemp : Wit kortmou skoolhemp vir somer en gedurende die winter „n wit langmou skoolhemp met die amptelike skooldas.

Kouse : Lang donkerblou kouse in die winter en kort blou skoolsokkies in die somer.

Skoene : Swart leerskoene – toeryg (sool mag nie hoër as 2cm wees nie).

Onderklere: Meisies moet „n donkerblou of swart vol skoolbroekie dra. Sweetpak: Sweetpak mag gedra word vanaf Maandag tot Donderdag

tesame met wit tekkies en - sokkies en ‟n sporthempie.

2.2 Sportdrag

Atletiek : Donkerblou LO-broekie, donkerblou hempie met donkergroen kraag met mouboordjie en skoolembleem (Akkedissie) op die bors.

L.O. : Donkerblou LO-broekie of hokkierompie (soos vir sport)

en blou hempie met moue of atletiekfrokkie.

Netbal: Vir oefeninge L.O.-drag indien klere in was is, mag as „n uitsondering „n wit T-hemp gedra word.

Vir wedstryde moet „n netbalrompie (ook vir die wat nog het „n donkerblou Broekrompie) en donkerblou L.O.-hempie gedra word).

Tennis : Spanne speel in hul donkberblou broekie (seuns) of

donkerblou rompie (dogters) en donkerblou hempie Tydens oefeninge kan L.O.-klere gedra word of enige wit klere.

* Vir alle sportsoorte behalwe atletiek en rugby word oorwegend wit sportskoene gedra. * Indien ons op „n bus klim vir „n wedstryd of by tuiswedstryde word slegs skoolsweetpakke gedra. * Geen “ski-pants” word toegelaat by L.O.-oefeninge of wedstryde

nie – slegs indien daar „n mediese rede voor is

Page 12: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF

BELEIDSDOKUMENT

EN

TERSAAKLIKE INLIGTING

12.

B. ALGEMEEN HARE Meisies Kuif : Moet bokant die wenkbroue wees. Hare : As hare aan kraag raak, moet dit vasgemaak word. Hare mag nie gekleur word nie.

Versierings : Linte, bolletjies, “scrunchies” en haarbande (nie breër as 3cm) moet wit of „n skakering van donkerblou wees.

Geen ander knippies, haarkamme of versierings mag in die hare gedra word nie. Hare wat in die oë hang, moet met knippies of „n haarband vasgemaak word.

Seuns Kuif : Mag nie aan wenkbkroue raak nie. Hare : Mag nie aan kraag of ore raak nie. BAADJIES

Reënbaadjies (“windbreakers”) mag net tot by die skool gedra word en op „n baie koue dae ook in die klas mits die amptelike skooltrui onderaan getrek is.

Tydens enige saalbyeenkoms word slegs die amptelike skooldrag toegelaat.

ALGEMEEN Geen armbande behalwe “Medic Alert” mag gedra word nie.

Slegs “studs” en “sleeper”- oorringe mag gedra word. Geen lapelwapens of borsspelde behalwe die vishoekie (slegs vanaf

Goeie Vrydag tot Hemelvaart) mag gedra word nie. Geen hare mag gekleur word nie. SWEETPAK : (IN WINTER) Volle sweetpak met sporthemp, wit sokkies en oorwegend wit tekkies, kan vanaf Maandae tot Donderdae tydens die winter gedra word. Op warm dae mag sweetpaktop tydens skoolure uitgetrek word.

TRUI : „n Donkerblou skooltrui met witstrepies by die V-gedeelte mag saam met lang-of kortbroek gedra word – nie toelaatbaar saam met sweetpakbroek i.p.v. „n top nie. Mag onder sweetpaktop op „n koue dag gedra word mits die sweetpak toegerits is.

Page 13: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF

BELEIDSDOKUMENT

EN

TERSAAKLIKE INLIGTING

13.

C. SPORTSOORTE AANGEBIED SOMER: Atletiek, krieket, mini-krieket en tennis.

WINTER: Netbal(dogters), Rugby(seuns)

Karate word privaat aangebied by die skool op Maandagaande

D. KUNS EN KULTUUR Koor (Junior en Senior), drama. Musiekonderrig vind privaat plaas na skoolure

Ballet, gimnastiek en moderne danse word privaat aangebied. Hou nuusbriewe dop vir inligting.

E. VERPLIGTE SKOOLGELDE Skoolgelde word jaarliks vasgestel na oorleg met die breë ouerkorps. Dit word maandeliks vereffen en strek oor elf (11) maande.

Aansoeke vir Kwytskeldings moet geskied voor die einde van Januarie van die betrokke jaar. Kwytskeldings geld slegs vir die betrokke jaar. Vorms is by die kantoor beskikbaar. „n Verpligte administrasiefooi is vir ALLE leerders betaalbaar voor einde Februarie van die nuwe skooljaar.

F. SKOOLBOEKE

„n Basiese voorraad skryfboeke, handboeke en modules word by die skoolgeld ingesluit en word deur die skool verskaf.

G. BRIEFWISSELING EN NAVRAE: Die Skoolhoof Laerskool De Villiers Graaff Posbus 92 VILLIERSDORP 6848 TELEFOON: 028 – 840 1328 FAKS: 028 – 840 2193 E-POS: [email protected]

Page 14: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF

BELEIDSDOKUMENT

EN

TERSAAKLIKE INLIGTING

14.

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS Doel:

Om riglyne daar te stel vir die dissiplinering van leerders

Om konsekwentheid tydens dissiplinering aan die hand te werk

Om opvoeders te ondersteun in die uitvoering van hul taak

Om „n oop kanaal met ouers te vestig

Om eenvoudige rekordhouding aan die hand te werk

Om leerders te lei tot selfdissipline Beginsel: Die klem val ten alle tye op motivering en positiwiteit en nie op foutsoek en rede soek tot dissiplinering nie. Verantwoordelikheid: Die motivering en dissiplinering van leerders berus by alle ouers en opvoeders van die Laerskool De Villiers Graaff. Ernstige gevalle word na die Beheerliggaam verwys. DIE GEDRAG VAN DIE LEERDER TEENOOR: (“Hy” verwys na leerders van beide geslagte) LEERDERS

- Hy moet ander leerders se regte tot „n behoorlike opvoeding respekteer en op geen manier inbreuk maak daarop nie.

- Hy moet ander leerders se privaatheid en reg op menswaardige

hantering respekteer.

- Hy behoort sy mede-leerder aan te moedig om te streef na die bereiking van sy volle potensiaal.

- Hy mag „n mede-leerder nie dwing of deur sy eie voorbeeld „n

mede-leerder daartoe lei om afbreuk te doen aan die norme en waardes waaraan so „n leerder gewoond is nie.

- Hy mag ander leerders se eiendom nie met opset beskadig of

steel nie.

- Hy mag geen ander leerder fisies of geestelik aanrand nie.

Page 15: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF

BELEIDSDOKUMENT

EN

TERSAAKLIKE INLIGTING

15.

- Sy taalgebruik teenoor sy mede-leerders moet getuig van sy

respek teenoor hom.

- Sy optrede mag op geen manier die veiligheid van „n mede-leerder bedreig nie.

OPVOEDERS

- Hy moet die opvoeder toelaat om sonder steurnis as fasiliteerder binne die opvoedingsituasie op te tree.

- Hy mag nie deur sy negatiewe optrede die opvoeder se aandag

voortdurend op hom laat fokus ten koste van sy mede-leerders nie.

- Sy woordgebruik en houding moet van respek getuig vir die

opvoeder as volwassene en opvoeder. SKOOL

- Hy moet ten alle tye streef na „n optrede wat „n getuigskrif vir die skool se goeie opvoeding is.

- Sy optrede binne en buite die skoolterrein, by sport of ander

geleenthede, mag die beeld van die skool geen skade berokken nie.

- Die eiendom van die skool moet met respek hanteer, beskerm en

selfs onderhou word.

- Hy moet die korrekte skool- en sportdrag asook „n netjiese, aanvaarbare haarstyl dra wat bydra tot die skool se trots en eenheidsgevoel.

- Hy moet sorg dat, indien hy afwesig is of nie „n

sportoefening/wedstryd kan bywoon nie, die klasopvoeder of sportafrigter daarvan in kennis gestel word.

- Hy het die verantwoordelikheid om te leer en sy volle potensiaal

op alle gebiede te ontwikkel. GEMEENSKAP

- Hy moet aanvaar dat die skool waar hy „n ingeskrewe leerder is, „n bepaalde gemeenskap dien. Daarom moet hy die waardes, norme en gebruike binne die bepaalde gemeenskap aanvaar, respekteer en streef om daarvolgens op te tree.

______________________________________

Page 16: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF

BELEIDSDOKUMENT

EN

TERSAAKLIKE INLIGTING

16.

TIPES OORTREDINGS EN KORREKTIEWE OPTREDE VLAK 1 OORTREDINGS AANGETEKEN IN GEDRAGSPROFIEL KLASKAMER Voortdurende steurnis vir ander leerders (gesels; rondstap; vroetel ens.) Baklei met en/of treiter leerders Vroetel in ander leerders se eiendom Toon geen of min respek vir opvoeder (teëpraat, uittart) Tuiswerk gereeld nie gedoen sonder brief van ouers Boeke herhaaldelik tuis vergeet Verniel klasapparaat Stokkiesdraai gedurende periode Herhaaldelik laat vir skool SPORT/KULTUREEL

Daag nie op vir wedstryd/optrede sonder geldige verskoning

Swak gedrag/sportmanskap en swak gedrag in bus SKOOLTERREIN

Gebruik van vuil taal/neerhalende name/skinderstories

Baklei Misbruik van toilette/badkamers/kleedkamers/telefoon Verlaat skoolterrein sonder toestemming OORTREDINGS AANGESPREEK IN KLASKAMER Let nie op in klas nie Steek tasse weg Eet in klas/kou kougom Ignoreer terugbring van afskeurstrokies Drentel tussen klasse SPORT/ KULTUREEL Daag nie op vir oefeninge sonder behoorlike vooraf verskoning by afrigter Verkeerde sportdrag sonder aanvaarbare verduideliking van ouers

Page 17: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF

BELEIDSDOKUMENT

EN

TERSAAKLIKE INLIGTING

17.

SKOOLTERREIN Rommelstrooi Sonder toestemming in gange voor skool, na skool of gedurende pouses Swak gedrag in rye, gange of tydens saalbyeenkomste Verkeerde skooldrag sonder skriftelike versoek van ouers Kleredrag slordig/hare nie aanvaarbare lengte of styl DISSIPLINêRE STAPPE - Aangeteken in gedragsprofiel (Gr 1) wat kwartaalliks huis toe gestuur

word. - Word aangespreek deur opvoeder en/of skoolhoof. - Volgens die diskresie van die opvoeder mag hy/sy ook:

voorregte ontneem sonder om die leerproses te benadeel

ouers skakel en leerder sy optrede laat verduidelik

die leerder “time-out” gee in klas of in gang, in sig van die opvoeder

die leerder “time-out” gee na „n ander opvoeder se klas

die leerder “time-out” gee na die admin-gang (“time-out” beteken dat die leerder nog steeds sy werk doen en onder toesig is.)

die leerder op pouse-detensie plaas

regstellende, billike opdragte gee

die leerder uit die sportspan weglaat indien dit nie die res van die span benadeel nie.

DISSIPLINEERDERS - Klasopvoeder - Afrigter (sport; koor; ens.) VLAK 2 (Doelbewus, uitdagend of oneerlik van aard; ernstige stappe word geneem.) TIPIESE OORTREDING Opsetlike herhaling van Vlak 1 oortreding Strafwerk met opset nie gedoen nie. Afskryf van skoolwerk Oneerlik tydens enige vorm van evaluering Diefstal van watter aard ookal Rook op skoolgrond of met skoolklere aan

Page 18: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF

BELEIDSDOKUMENT

EN

TERSAAKLIKE INLIGTING

18.

Terroriseer ander leerders (emosioneel/fisies) Uitdagende en tartende houding Moedswillige ontwrigting van klassituasie Swak gedrag in publiek met skooldrag aan DISSIPLINêRE STAPPE Aanteken in gedragsprofiel (Gr 2) Brief aan ouers (onderteken deur skoolhoof) Skakel ouers Onderhoud met ouers (indien nodig geag) Dissiplinêre komitee mag ook:

leerders op detensie plaas (Vrydae 1h30min direk na skool)

voorregte ontneem

posisie ontneem bv. klaskaptein/koorlid/leerlingraad DISSIPLINEERDERS Dissiplinêre komitee bestaan uit: - Departementshoof

- Opvoeder - Skoolhoof as raadgewer

VLAK 3 (Baie ernstige oortredings) TIPIESE OORTREDING Opsetlike herhaling van Vlak 2 oortredings Vandalisme en graffiti/Beskadiging van eiendom Betrokkenheid by satanisme of ander kultusvorms Seksuele wangedrag/teistering In besit van pornografie Vuil taal of wangedrag teenoor ouer persone Drank-en/of dwelmgebruik Ernstige/beplande diefstal Aanranding met doel om te beseer Opsetlike wegbly van skool Enige gedrag/optrede wat skool se beeld skaad DISSIPLINêRE STAPPE Aanteken in gedragsprofiel (Gr 2) Ouers, beheerliggaam en kringbestuurder dadelik verwittig Onderhoud met ouers in teenwoordigheid van beheerliggaam Skorsing (maksimum een skoolweek) na billike verhoor Indien herhaling voorkom – permanente uitsetting in oorleg met WKOD na billike verhoor DISSIPLINEERDERS Dissiplinêre komitee bestaande uit: - Skoolhoof

- Departementshoof - Ouer(s) - Kringbestuurder

Page 19: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF

BELEIDSDOKUMENT

EN

TERSAAKLIKE INLIGTING

19.

OPTREDE TEENOOR LEERDERS MET GOEIE GEDRAG Dit is ook die verantwoordelikheid van die opvoeder om positiewe gedrag aan te moedig by die leerders. Dit kan op die volgende maniere gedoen word (afhangende van situasie en opvoeder-leerder verhouding) Die opvoeder kan: - mondelings dankie sê/gelukwens met goeie gedrag voor klasmaats - na hom verwys as goeie voorbeeld in klas/sportveld ens. - positiewe opmerkings in werkboeke skryf - leerder met goeie werk na skoolhoof stuur - leerder se goeie werk in klas(skool) uitstal - die leerder met spesiale takies toevertrou - die ouer skakel en die leerder sy goeie optrede laat verduidelik - enige manier iets doen wat die leerder spesiaal laat voel a.g.v. sy goeie

gedrag en/of werk SKOOLHOOFSERTIFIKAAT Op „n twee-weeklikse basis word een leerder per klas deur die opvoeder aangedui wat „n skoolhoofsertifikaat ontvang. Die sertifikate word deur die skoolhoof self oorhandig tydens „n saalbyeenkoms. „n BALKIE / ERE-KLEURE : GEDRAG - Dit word aan die begin van elke kwartaal aan een (of meer) leerder(s)

per klas toegeken volgens sy/haar/hulle optrede die vorige kwartaal na aanleiding van die kopvoeder se diskressie.

- Alle opvoeders moet dit eens wees dat die leerder „n waardige draer van die gedragsbalkie sal wees.

- Hierdie balkie word gedra tot aan die einde van die kwartaal, wanneer die balkie ingegee word in ruil vir „n gedragsdiploma.

- Die balkie kan ter enige tyd gedurende die kwartaal weens wangedrag teruggeneem word.

Die skoolhoof neem die finale besluit hieroor. GEDRAGSPROFIEL - Uitstaande goeie gedrag en optrede word ook op die gedragsprofiel

aangeteken (Gr 2). - Die ontvangs van gedragsertifikate en –balkie word ook aangeteken.

Page 20: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF

BELEIDSDOKUMENT

EN

TERSAAKLIKE INLIGTING

20.

BASIESE SKOOLREëLS

1. PERSOONLIKE VOORKOMS

Korrekte en netjies versorgde voorkoms en skooldrag

2. SKOOLWERK EN –BOEKE/MODULES Tuiswerk altyd voltooi Hand/skryf- en leerboeke te alle tye goed versorg Skoolbywoning is verpligtend – afwesigheid moet per brief of telefoon verduidelik word.

3. BUITEMUURSE AKTIWITEITE

Korrekte sportdrag (koordrag) Gereelde/konsekwente bywoning Vroegtydige verskoning vir afwesigheid aan afrigter Onberispelike optrede en voorkoms tydens uitstappies

4. GEDRAG BINNE GEBOU

Geen leerders in gebou – voor skool en tydens pouse Beweeg flink in ordelike rye, links van gang sonder gesels Gang voor kantoor as deurgang verbode Betoon respek reenoor geboue, terrein en omgewing

5. ETIKET EN MORELE WAARDES

Behandel ander met waardigheid

Respekteer ander se eiendom Respekteer opvoeders as al die leerders se opvoeder Wees eerlik in alles wat gedoen word Gebruik keurige taal in alle omstandighede Wees stiptelik te alle tye

Page 21: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF

BELEIDSDOKUMENT

EN

TERSAAKLIKE INLIGTING

21.

ALGEMENE INTERNE REëLINGS 1. Week- en Nuusbriewe: Ouers word versoek om nuusbriewe gereeld te lees. 2. Skriftelike versoeke:

„n Opvoeder kan hom/haar nie verlaat op leerders se boodskappe nie. As daar „n versoek gerig word aan die betrokke graadopvoeder, moet dit skriftelik geskied.

3. Merk van klere:

Alle kledingstukke moet vanaf die eerste skooldag duidelik gemerk wees met nie-uitwasbare ink. Naamstrokies werk ook goed.

4. Tuiswerk:

Alle leerders moet in besit wees van „n ordentlike tuiswerkboek waarin die daaglikse tuiswerk afgeskryf word. Ouers is behulpsaam met die kontrole van tuiswerk deur toe te sien dat die werk wel gedoen word en daarby te teken.

5. Afwesigheid:

Wanneer „n leerder afwesig was en na die skool terugkeer, moet „n briefie van die ouer/voog aan die klasopvoeder besorg word waarin kortliks die rede vir afwesigheid verstrek word. Dit is die leerder se plig om agterstallige werk in te haal.

6. Liggaamlike Opvoeding:

Alle leerders word verplig om klasse in Liggaamlike Opvoeding by te woon, tensy „n mediese sertifikaat voorgelê word. Indien „n leerder gedurende een spesifieke lesuur nie aan die oefeninge kan deelneem nie, moet die ouer/voog van sodanige leerder van „n briefie van verduideliking voorsien. Die dra van die voorgeskrewe drag is verpligtend.

Page 22: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF

BELEIDSDOKUMENT

EN

TERSAAKLIKE INLIGTING

22.

ORDE REëLINGS 1. Leerders moet betyds opdaag vir skool. Indien „n leerder laat opdaag,

moet hy/sy by die kantoor aanmeld. 2. Geen leerder mag die skoolterrein verlaat gedurende skoolure sonder

toestemming van die skoolhoof nie. 3. Geen leerder mag uit die kantore huis toe skakel sonder die

toestemming van die skoolhoof nie. Die gebruik van selfone tydens skoolure is verbode.

4. Alle boeke wat vir tuiswerk benodig word, moet huis toe geneem word. 5. Leerders moet nie waardevolle items skool toe bring nie. Veral nie groot

bedrae geld nie! 6. Geen leerder mag voor of na skool, of tydens pouses, in die skoolgebou

wees sonder toestemming of toesig nie. 7. Die skoolgebou, terrein en veral die kleedkamers en toilette moet netjies

gehou word. Papiere, skille en rommel moet in vullisdromme gegooi word.

8. Leerders se klere moet duidelik gemerk wees sodat verlore

kledingstukke aan die regmatige eienaars terugbesorg kan word. Die skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir artikels wat nie gevind word nie.

9. Geen rugsakke sonder kartonversterkings word toegelaat nie. Die kleur

van die rugsakke moet “Navy Blue” wees. Tasse met wielietjies en “Surf Logos” op word nie toegelaat nie.

10. Fietse moet met „n fietsslot aan die fietsrakke vasgesluit wees. 11. Buitemuurse aktiwiteite moet getrou bygewoon word. Verskonings moet

vroegtydig by die afrigters gemaak word. 12. Geen leerder word toegelaat om by die fietse of motors op die

skoolterrein te speel nie, of daaraan te peuter nie. 13. Leerders wat Graaffstraat moet kruis doen dit by die voetoorgang.

Ouers word nie toegelaat om leerders op die skoolterrein op- of af te te laai nie.

14. Luidrigtigheid en geselsery in die gange, klaskamers en skoolsaal is

verbode.

Page 23: 1. SKOOLWAPEN EN LEUSE i. Herkoms van leuse - Laerskool de … · 2013. 2. 28. · van Laerskool De Villiers Graaff, „n posisie wat hy beklee het tot Junie 1996. Vanaf Oktober 1996

LAERSKOOL DE VILLIERS GRAAFF

BELEIDSDOKUMENT

EN

TERSAAKLIKE INLIGTING

23.

15. Leerders in rye hou te alle tye links, bly in enkelgelid, stap agtermekaar

en rye kruis nooit nie. Tasse word aan die regterkant en rugsakke oor beide skouers gedra. Wanneer daar nie tasse gedra word nie, beide hande agter die rug.

16. Sodra die eerste klok lui, moet alle leerders onmiddellik aantree in hul

aangewese rye sonder om verder te gesels, te speel of aan mekaar te stamp en te stoot. Stap in na die tweede klok.

17. Tydens reëndae bly die leerders gedurende pouses in die gange en

word daar nie rondgehardloop en gespeel nie. 18. Sport op reëndae gaan aanvanklik voort. „n Finale besluit word altyd

teen 12:30 geneem. 19. Leerders bly op hul aangewese speelplek en mag dit nie verlaat nie. 20. Speletjies tydens pouses wat ander leerders kan beseer, moet vermy

word.

WYSIGING VAN REëLS: Bogenoemde reëls mag van tyd tot tyd deur die Beheerliggaam gewysig word.