07 desember 2014 - gkbo.org.za wens hom en vicki ‘n ... salig is julle wanneer die mense julle...

8
07 Desember 2014 Met die Here, vir mekaar en uit na die wêreld! Oggenderediens: Ds Reinder Kingma Preektema: Eer aan God! Sing dit uit! Sing: O Christus, ons verlange Votum en Seëngroet Sing: Halleluja! Prys die Heer Kom, kinders, besing met ’n vrolike stem O die goeie tyding Koor: For Christ is born of Mary Von Himmel hoch da komm ich her In dulci jubilo Sing: Die Heiland is gebore Stille Nag Gebed Skriflesing: Lukas 2: 8 – 20 Woorddiens Fokus: Lukas 2: 13 en 14 Tema: Eer aan God! Sing dit uit! Sing: Hoor die blye eng’lelied Gebed Liefdegawes Solo: Welkom, o stille nag van vrede Koor met samesang: While shepherds watched their flocks by night Heiligste Nacht! (Oostenrykse Kerslied) Once in Royal David’s city Sing: Herders op die ope velde Kom, alle getroues Wegstuurseën Sing: Ere aan God! Aanderediens: Ds Reynold Fourie Tema: Vroue van geloof: Gomer Gebed Sing: Lied 209 x 2 Votum en Groetseën Lofsang en Geloofsbelydenis: Sing: Sk. 12 – 3: 1 – 3 Wet van die Here: Eks. 20 Woordverkondiging: Skriflesing: Hosea 1-3 Tema: Vroue van geloof: Gomer Gebed Liefdegawes Sing: Sb 7-2: 1, 2 Gees en Bruidroep (Bingle) Seën van die Here Sing: Lied 219 : 2 en 3

Upload: vunga

Post on 02-Apr-2018

225 views

Category:

Documents


8 download

TRANSCRIPT

Page 1: 07 Desember 2014 - gkbo.org.za wens hom en Vicki ‘n ... Salig is julle wanneer die mense julle haat, ... Hendrik-jan Mosca en Marili Fourie tree in Pretoria in die huwelik

07 Desember 2014

Met die Here, vir mekaar en uit na die wêreld!

Oggenderediens: Ds Reinder Kingma

Preektema: Eer aan God! Sing dit uit!

Sing: O Christus, ons verlange

Votum en Seëngroet

Sing: Halleluja! Prys die Heer Kom, kinders, besing met ’n vrolike stem O die goeie tyding

Koor: For Christ is born of Mary Von Himmel hoch da komm ich her In dulci jubilo

Sing: Die Heiland is gebore Stille Nag

Gebed Skriflesing: Lukas 2: 8 – 20

Woorddiens Fokus: Lukas 2: 13 en 14

Tema: Eer aan God! Sing dit uit!

Sing: Hoor die blye eng’lelied

Gebed Liefdegawes

Solo: Welkom, o stille nag van vrede

Koor met samesang: While shepherds watched their flocks by night Heiligste Nacht! (Oostenrykse Kerslied) Once in Royal David’s city

Sing: Herders op die ope velde Kom, alle getroues

Wegstuurseën Sing: Ere aan God!

Aanderediens: Ds Reynold Fourie

Tema: Vroue van geloof: Gomer

Gebed

Sing: Lied 209 x 2 Votum en Groetseën

Lofsang en Geloofsbelydenis: Sing: Sk. 12 – 3: 1 – 3

Wet van die Here: Eks. 20

Woordverkondiging: Skriflesing: Hosea 1-3

Tema: Vroue van geloof: Gomer

Gebed

Liefdegawes

Sing: Sb 7-2: 1, 2 Gees en Bruidroep (Bingle)

Seën van die Here

Sing: Lied 219 : 2 en 3

Page 2: 07 Desember 2014 - gkbo.org.za wens hom en Vicki ‘n ... Salig is julle wanneer die mense julle haat, ... Hendrik-jan Mosca en Marili Fourie tree in Pretoria in die huwelik

Ons sluit die jaar se Kleuterkerk af met die vierde en laaste

les oor GESKENKE.

Tema vir vandag: Die Wyse Manne se Geskenke vir Jesus

Skrifgedeelte: Mat. 2: 1-12

Baie dankie aan die twee tannie Elmarie’s, tannie Marieta, tannie Marietjie en tannie Retha vir

julle moeite die jaar! Aan al ons maatjies en hul ouers : mag jul ‘n Geseënde Kerstyd beleef!

Ons sien julle weer in 2015!

As jy volgende jaar wil help met die aanbied van lessies by die Kleuterkerk, kontak

asseblief vir Lydia Sander Sel. 083 6767 393.

KOLLEKTES:

VANDAG: Sondag 14 Desember: Diakonale Kas en Instandhouding van die Erediens Diakonale Kas en Emeritaatsfonds

TEESKINK: Vandag: Son 14 Desember: DS 1 en DS 2 Vakansie

DIENSBEURTE

Vandag: Son 14 Desember: Oudl. Pieter Coetzee Oudl. Esra Swanepoel Diak. Magda Voigt Diak. Kees Beekman

MAAND: Desember

KUILSRIVIER- HOSPITAAL

Joukje & Reint Berg 021 903 3027

CAPE GATE MEDI KLINIEK

Philip & Lida Kruger 021 981 9685

(07/12 – 14/12) ANDER HOSPITALE Marié Botha 021 975 4269

Indien u weet van enige siektegevalle, skakel

gerus die Chrisante vir ‘n besoek!

Dagboek 07 Desember – 14 Desember Datum: Byeenkoms: Waar: Tyd:

So 07/12 Kerssangdiens Kerkgebou Tydens die oggenddiens

Page 3: 07 Desember 2014 - gkbo.org.za wens hom en Vicki ‘n ... Salig is julle wanneer die mense julle haat, ... Hendrik-jan Mosca en Marili Fourie tree in Pretoria in die huwelik

Predikante

Ds. Reinder is vanmiddag en vanaand in Elsiesrivier vir hulle Nagmaalsdiens en Kersprogram. Ons vra u

volgehoue voorbidding vir hierdie gemeente.

Ds. Reynold is met verlof vanaf Woensdag 10 Desember tot 28 Desember. Ons wens hom en Vicki ‘n

welverdiende uitrus toe. Kom veilig terug!

Kerslofprysingsdiens

Vanoggend hou ons gemeente ’n spesiale erediens met koorsang en samesang om

die geboorte van Christus te herdenk. Tydens hierdie diens gaan Bart (orrel), Pieter

(klavier), Chris (trompet) en ander musikante ons weer begelei met bekende

Kersliedere. Die samesang gaan afgewissel word met mooi Kersfees-musiek

uitgevoer deur ons gemeente se koor o.l.v. Sjoerd en Anna-Marie Alkema.

Vanaand se erediens is dus weer ‘n “gewone” erediens, met geen Kerssang na die tyd soos in

die verlede.

Nader my God by U – in gebed

Ons sal die reeks Nader my God by U in 2015 voortsit. Ons het versoeke gekry vir gebede voor

die vakansie en ons doen graag so. Die eerste gebed het die Heilige Gees as tema.

Here, ek aanbid en prys U grote Naam en dank U vir U Heilige Gees in my lewe. Dankie Jesus

dat U vir my U Trooster en Helper gestuur het. Dankie o Gees van God, dat U my help om te

doen wat ek nie uit my eie kan doen nie. Ek dank U vir wysheid, openbaring en kennis wat U

elke dag aan my gee. Ek het U lief en is dankbaar vir die vreugde wat U elke dag in my lewe

bring. (1 Tess. 1:6)

Here Jesus, vul my elke dag met U Gees. Heilige Gees, mag ek U nooit bedroef nie (Ef. 4:30)

Help my elke dag om die begeertes van die vlees teen te staan, wat my van die pad wil

afdwing, wat U vir my gebaan het. Help my tog om voortdurend bewus te bly van U

teenwoordigheid in my, sodat ek U leiding duidelik kan hoor en onderskei.

Dankie dat ek deur U beseël is tot eiendom van God (Ef. 1:13). Ek besef Here Jesus, dat ek die

werke van God nie in die vlees kan verstaan nie, maar dat ek dit kan onderskei in my lewe deur

U Heilige Gees wat in my bly. Dankie Here Jesus, vir die gawe van U Gees in my. Ek wil my liefde

aan U wys, deur U te aanbid en aan te raak met my lofprysing. Leer my alles wat ek nodig het

om te aanbid op maniere wat aanneemlik is in U oë en hart. In die Naam van Jesus bid ek dit.

Amen

Die Gebedsfamilie bid Sondag oggende om 8:15 by die kerkkantoor en Sondag aande net na

die diens in die kerkhuis. Gee gerus insette by [email protected]. Mossie of Ineke.

Page 4: 07 Desember 2014 - gkbo.org.za wens hom en Vicki ‘n ... Salig is julle wanneer die mense julle haat, ... Hendrik-jan Mosca en Marili Fourie tree in Pretoria in die huwelik

Meelewing

Wilna van der Walt (082 8803 934) se ma is verlede Saterdag oorlede. Ons bid haar, Martin en hulle familie die troos van die Here toe.

Mariet Aucamp (021 910 2065) is in Louis Leipoldt Hospitaal opgeneem waar sy behandel word vir ‘n longembolus en blaasontsteking. Ons bid saam met haar en Piet vir spoedige beterskap.

Paulina van der Laan (082 3692 959) se moeder is die afgelope week oorlede. Paulina is self in Durbanville Medi Kliniek opgeneem waar sy Donderdag ‘n operasie ondergaan het. Ons bid haar en hulle familie die vertroosting van die Here toe met die afsterwe van haar ma. Mag jy ook spoedig herstel na die operasie, Paulina!

Baie dankie Bergrede: Lukas 6: 21-22

Salig is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Salig is julle wat nou ween, want julle sal lag. Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.

Baie dankie wie my die laaste 29 maande bygestaan het met besoeke, bemoediging, telefoonoproepe en SMS’e. Dit word opreg waardeer.

Aangeheg, vind asseblief ‘n skrywe deur my mem na afloop van ‘n pretloop.

Vriendelike groete, Janke Mulder

Page 5: 07 Desember 2014 - gkbo.org.za wens hom en Vicki ‘n ... Salig is julle wanneer die mense julle haat, ... Hendrik-jan Mosca en Marili Fourie tree in Pretoria in die huwelik

Verjaarsdae

Spesiale gelukwensings vandag aan Joukje Berg (78) en Fanie Grové (71) wat albei

vandag verjaar. Donderdag verjaar Hester Geringer (75) en Margaret Voogt (79). Hartlik

geluk aan al die lidmate wat komende week ook verjaar. Geniet ‘n lekker dag saam met

familie en vriende. Ons bid julle die seën van die Here toe.

ONS SPENS

Baie, baie dankie vir al die ONGELOOFLIKE skenkings wat ons ontvang het.

Dit help SO baie en gaan vir ons gesinne ‘n heerlike, geseënde Kerstyd gee.

Moet ook asseblief nie van ons gesinne vergeet deur die vakansietyd nie. Die Spens projek gaan volstoom aan!!

Hou ASSEBLIEF aan om deur die vakansietyd kos kerk toe te bring!!

** Ons benodig die volgende produkte:

Kookolie Grondboontjiebotter Tamatiesous Koffie Tee Konfyt

Blikkies (vleis) Tuna Pilchards Pasta Mieliemeel Sout

Aanmaak koeldrank Suiker Soppakkies Blikkies (groente) Oatspap

Toiletware (seep, tandepasta, sjampoe)

07/12 Vandag JOUKJE BERG KU2 021 903 3027 082 435 4194

FANIE GROVÉ KU2 021 906 3830 082 776 4850

HENNIE KRUGER GF03 021 987 7329 072 320 8170

08/12 Ma HESSEL DIJKSTRA GF02 021 975 5796 082 785 5193

FLIP DU TOIT ST3 082 412 4248

SU-ANRIE MARAIS EV1 021 975 2086 082 428 3592

ANJA MINNAAR GF08 021 919 7113 084 929 7113 (Ma)

CHARLENE STREICHER EV2 021 979 2578 083 258 1358

MAGDA VOIGT BR3 021 982 3340 082 771 1117

08/12 Ma GRETEL WÜST ST1 021 919 5336 083 252 6556

10/12 Wo BURGER COETSEE EV3 021 949 8872 079 141 7826

JEANDRÉ PUTTER KR2 073 199 2837

11/12 Do HESTER GERINGER KE2 021 975 3937 083 457 8299

MARIETJIE STANDER BL4 021 919 4641 083 409 2938

MARGARET VOOGT DS1 021 919 2104 082 225 3768

12/12 Vr LILANIE GELDERBLOM KU1 079 070 3407

MICHAL MULLER GF01 021 976 4967 082 494 7465

Page 6: 07 Desember 2014 - gkbo.org.za wens hom en Vicki ‘n ... Salig is julle wanneer die mense julle haat, ... Hendrik-jan Mosca en Marili Fourie tree in Pretoria in die huwelik

Baie geluk

Baie geluk aan die volgende lidmate met hulle voorgenome huwelike, albei op die 13de Desember.

George Kruger en Marike Kotze tree op Tulbagh in die huwelik.

Hendrik-jan Mosca en Marili Fourie tree in Pretoria in die huwelik. Hulle vertrek in Januarie na Amerika waar Hendrik-jan vir twee jaar moet werk. Ons wens beide hierdie egpare die seën van die Here op hulle huwelik, en mag die Here julle vele gelukkige en gesonde jare saam skenk.

Kersete vir tehuis

Ons gemeente is bekend met die Helpende Hande Tehuis in Stikland Hospitaal,

waar daar ook ‘n paar van ons gemeentelede tuisgaan. Annatjie Scannell het die

laaste paar jaar, met die samewerking van baie ons lidmate, vir hierdie tehuis ‘n

heerlike Kersete kon voorsit.

Ons het die vrymoedigheid om by u aan te klop vir skenkings van voedsel / finansiële

donasie om vir hierdie sowat 60 pasiënte en versorgers ook die dag spesiaal te kan

maak.

Skakel groot asseblief vir Annatjie Scannell (076 701 1152), tot en met die 14de

Desember vir die benodigdhede indien u u weg oop sien om hier te kan help.

Die Boodskapper Hierdie is die tweede laaste uitgawe van die Boodskapper vir 2014. Volgende week verskyn die

laaste een vir die jaar. Die eerste uitgawe vir 2015 sal wees op 25 Januarie (eerste Sondag van

die nuwe skoolkwartaal). Meeste inligting ten opsigte van dienstye ens. is op ons webwerf

beskikbaar by www.gkbo.org.za

Page 7: 07 Desember 2014 - gkbo.org.za wens hom en Vicki ‘n ... Salig is julle wanneer die mense julle haat, ... Hendrik-jan Mosca en Marili Fourie tree in Pretoria in die huwelik

GEMEENTEKAMP

20 tot 22 Februarie 2015

Het u ons al laat weet dat u kom saamkamp?

Daar is nog slegs 1 kamer, 1 chalet en 2 vakansiehuise beskikbaar

Die diakonale diensgroep vir Gemeente-eenheid het die Mountain Breeze kampterrein naby

Stellenbosch bespreek vir die naweek 20-22 Februarie 2015. Hierdie lieflike kampterrein is lekker naby

(ongeveer 25 km van ons kerk af) en dus ook ideaal vir dagbesoekers wat nie wil/kan oorslaap nie, maar

net wil deelneem aan die verrigtinge.

Mountain Breeze is geleë in ’n rustige dennebos langs die R44 tussen Stellenbosch en Somerset-wes. Die

kampterrein is goed versorg (baie skoon) en het genoeg ontspanningsgeriewe (swembad, trampolien, pool-

tafels, tafeltennistafel en ’n TV-kamer) sowel as ’n groot ontspanningsaal.

Behalwe voldoende karavaan- en tentstaanplekke, beskik die kampterrein ook oor ’n beperkte aantal en

suite kamers, chalets en vakansiehuise, elk met hul eie badkamer, kombuis en beddegoed. Hierdie

akkommodasie is op ‘n “first-come, first-served”-basis toegeken. Die meeste van hierdie akkommodasie

is reeds bespreek en betaal. Daar is egter nog 1 kamer, 1 chalet en 2 vakansiehuise wat bespreek kan

word. Die tariewe (heelwat laer as Mountain Breeze se normale tariewe) is as volg:

Tipe akkommodasie Aantal eenhede Slaapplekke Koste (vir 2 nagte)

En suite kamers 14 (1 oor) 2 persone R 800 (R200 p.p.p.n.)

Chalets 6 (1 oor) 6 persone R1800 (R150 p.p.p.n.)

Vakansiehuise 4 (2 oor) 8 persone R2000 (R125 p.p.p.n.)

Pletts (minder luuks) 2 (0 oor) 6 persone R1200 (R100 p.p.p.n.)

Bogenoemde akkommodasie moet vir albei nagte (Vrydag en

Saterdag) bespreek word

Ander tariewe (eers betaalbaar die naweek van die kamp): Woonwaens (karavane): R80 per persoon per nag (m.a.w. R160

vir twee nagte)

Tentbewoners: R50 per persoon per nag (m.a.w. R100

vir twee nagte)

Dagbesoekers: R20 per persoon per dag

HOE OM TE BESPREEK:

1. Skryf u naam op die lys in die voorportaal langs die huisvesting wat u wil bespreek.

Daar is ’n aparte besprekingslys vir dagbesoekers, woonwa- en tentbewoners.

(Ons moet die kampterrein laat weet hoeveel huisies en staanplekke ons gaan gebruik.)

2. Indien u ‘n kamer, Chalet of huis bespreek het, moet die verskuldigde bedrag asb. so spoedig moontlik

oorbetaal word:

Elektronies in die rekening van die Gereformeerde Kerk Bellville-Oos:

Absa: Takkode 334910 Rekeningnommer: 1450 340 029

Verwysing op die bankstaat: KAMP & u naam

(Stuur asb. bewys van betaling aan [email protected])

Kontant/tjek in ’n koevertjie in die kollektesakkie

Skryf asb “KAMP” en u naam op die koevert

LW! Bespreking van huisvesting is slegs geldig en finaal indien die volle tarief betaal is.

Kontak Bart van Milligen (082-857-9932 of [email protected]) vir navrae.

Page 8: 07 Desember 2014 - gkbo.org.za wens hom en Vicki ‘n ... Salig is julle wanneer die mense julle haat, ... Hendrik-jan Mosca en Marili Fourie tree in Pretoria in die huwelik

10 Mistletoe Road

Eagle Park, Grassy Park 7941

Tel: 021 396 2433 Cell: 082 497 0532

Email: [email protected]

Goeie dag lidmate, Gereformeerde Kerk, Bellville Oos

Ek is lidmaat van die Gereformeerde Kerk Grassy Park. Die afgelope nege jaar het ek my daaraan toegewy om die behoeftige kinders van Phumlani plakkerskamp en die kinders in my direkte omgewing te help om elke dag iets te eet. Hierdie kinders se dringendste behoefte is kos, skoene, klere en die daaglikse benodigdhede soos seep en tandepasta. Met die hulp van die gemeenskap om my en mense soos julle gemeente, kon ek in die verlede, jaarliks `n spesiale geleentheid hou, waartydens ek en my vriendinne `n ekstra verskil kon maak in hierdie kinders se lewens. Ek is nie `n nie-regerings organisasie nie en doen die werk vrywillig. Die kinders plaas voor die geleentheid hulle name op `n lys en ons kan dan ook vasstel wat hulle spesifieke behoefte is. Die geskenk sakkie kan dan spesifiek vir elke kind opgemaak word. Baie min van hierdie kinders kry `n ordentlike ete op Kersdag, as dit nie vir hierdie dag was nie. Dit is daarom my doel om soveel as moontlik kinders te voed elke jaar en ek bly positief dat ek met julle hulp hierdie doel sal kan bereik. Ons het verlede jaar die voorreg gehad om 400 kinders te voed en klere te gee. Ons doel is om hierdie jaar 500 kinders te versorg. Ons nooi julle as gemeente uit om op 23 Desember 2014 by ons aan te sluit om te help met die dag se verrigtinge of `n donasie te maak. Baie dankie aan al die lidmate in julle gemeente wat ons in die verlede gehelp het om so `n groot verskil te kan maak in ons gemeenskap. Finansiële bydraes kan in die volgende rekening gemaak word of aan Mossie Kruger gegee word. Bank Details: Margret Cupido FNB Rek nr .No. 62181101735 : Tak kode: 254005. Vriendelike groete, Margret .