mathlit2015.weebly.com  · web viewdie skool is na dr. andrew rabie vernoem omdat hy hom beywer...

10
a) SITUATIONAL ANALYSIS – Hoërskool Andrew Rabie Adres: Aragonweg, Adcockvale Port Elizabeth, Oos Kaap 6001 Suid Afrika Epos: [email protected] Tel: 041-374 5604 Faks: 086 692 9796 GESKIEDENIS:

Upload: truongduong

Post on 26-Feb-2019

228 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

a) SITUATIONAL ANALYSIS – Hoërskool Andrew Rabie

Adres:

Aragonweg, Adcockvale

Port Elizabeth,

Oos Kaap

6001

Suid Afrika

Epos: [email protected]

Tel: 041-374 5604

Faks: 086 692 9796

GESKIEDENIS:

Die Hoërskool Adcockvale, soos aanvanklik bekend was, het sy ontstaan op 21

Januarie 1953 gehad.  Die eerste hoof was mnr. Dinks van Zyl.  Die nuwe skoolgebou

(sonder saal) is in 1955 in gebruik geneem en die skool se naam is ook verander na die

Hoërskool Andrew Rabie. 

Die skool is na dr. Andrew Rabie vernoem omdat hy hom beywer het vir die stigting van

´n tweede Afrikaansmedium-skool in Port Elizabeth.  In 1963 word die saal in gebruik

geneem en vernoem na mnr. Dinks van Zyl.  Hy is op 26 Februarie 1966 tydens ´n

driehoekige atletiekbyeenkoms met D.F. Malherbe en Cillié aan´n hartaanval oorlede.

Skoolhoofde:

Mnr. Dinks van Zyl 1953 – 1966

Mnr. Etienne Smit 1966 – 1970

Mnr. Meyer Sauerman 1970 – 1985

Mnr. Charlie Roux 1985 – 1993

Mnr. Streis Wahl 1994 – 2008

Mnr. Willie Lombard 2009 – 2010

Mnre. L. Schreuder en Fouché neem waar as hoof , 2011 – Julie 2012

Mnr. Willie Botha Augustus 2012 – (huidige hoof)

Die Simboliek van ons skoolwapen.

Die sentrale simbool is die Christussimbool,so genoem omdat dit die eerste twee letters

van die woord Christus in Grieks is.Die gebruik daarvan op die Andrew Rabie-wapen

getuig van die skool se Christelike karakter.

Die lourierkrans is `n simbool van prestasie en sluit baie goed aan by die skool se

leuse”Net die beste” Dit vorm ook `n skakel met die eerste skoolwapen.

Die drie vierkantige simbole word ruite genoem, maar is eintlik gestileerde spinspoele.

Dit kom op die Rabie- familiewapen voor en is `n aanduiding van die skool se

verbintenis met daardie familie deur sy naam. Dit het egter ook diepere betekenis as

simbool van arbeidsaamheid.

Daar is dus drie hoofelemente:

1. Christus;

2. Stewe en prestasie;

3. Arbeidsaamheid.

Visie

Waar die indinvidu op geborge wyse sy/haar potensiaal sal bereik en `n positiewe bydra

in die samelewing lewer.

Toelatingsbeleid

Ons strewe

Die Hoërskool Andrew Rabie se beheerliggaam en personeel streef daarna om

die skool se Christelike karakter met die Bybel as grondslag, kultuur, onderrigtaal

en akademiese standaard te handhaaf en sover moontlik uit te bou.

Akademies

 Leerlinge moet amptelik bewys lewer van hul skolastiese peil.

Die beheerliggaam behou die reg voor om nuwe leerders aan ´n kwalifiserende

onderhoud te onderwerp

Ouderdom

Die ouderdom van nuwe leerders moet binne ´n tweejaargrens van die

gemiddelde klas-ouderdom val.

Taal

Leerders moet sinvol in Afrikaans onderrig kan word.

Leerdertal en fasiliteite

Rekening sal gehou moet word met die getal leerders wat die skool kan

akkommodeer ten opsigte van fasiliteite en die beskikbaarheid van personeel.

b) LANGUAGE CONTEXTDie medium van instruksie by die skool is Afrikaans, dus vind onderrig plaas in

Afrikaans. Alhoewel meeste van die kinders Afrikaans as hul huistaal praat

sukkel hul steeds om al die nodige termenologie in te neem en te verstaan. Die

onderwysers probeer om die groter terme op te breek en so dan te verduidelik.

Baie leerders in Rabie praat Engels en Afrikaans gemeng in hul ouer huise, dus

is hul woordeskat beperk in beide tale. Daar is ‘n leerder in die matriek groep wat

Engels praat as sy huistaal. Hy is in Rabie want dis die naaste skool aan waar

hy bly. Die onderwysers doen moeite om hom meer individuele onderrig te gee

en maak werk daarvan om hom te help waar hul kan.

RESOURCES CONTEXTHoërskool Andrew Rabie is n vorige model C skool, dus is daar al die nodige

onderrig hulpmiddels. Elke onderwyser het ‘n projector in hul klaskamer en kan

gebruik maak van die nuwe tegnologie in hul les aanbiedings. Ek het opgelet dat

van die onderwysers nie regtig gebruik maak van hierdie projectors in hul lesse

nie. Hul lees net voor uit die handboeke, direkte instruksie. Die kinders lyk

verveeld en hul is nie gefokus op die werk nie want die manier waarop die

onderwyser klas gee interesseer hul nie. My mentor maak gebruik van data

projektor asook witbord. Hy streef daarna om die leerders se aandag te lok en

hul deel te maak van die les. Kinders is mal oor hoe hy klas gee en sy tegnirk is

baie effektief.

MOTIVATION CONTEXT

Persoonlik voel dit vir my asof die leerders nie baie gemotiveerd is nie. Hul kom

skool toe maar stel glad nie belang in die leer proses nie. Dis asof hul net skool

toe kom omdat hul moet kom of geforseer word deur hul ouers. Hul is

onopgevoed en ontwrig die leerders wat wil leer. Daar is altyd die handjie vol

wat wil leer en eintlik ‘n plan het vir hul toekoms. As ek so sit en luister in die

personeelkamer klink die onderwysers negatief en sein op teen die onderrig

sisteem. Dis asof hul, hul passie verloor en ook maar net aan kap van dag tot

dag. My mentor is baie lief vir die vak Besigheid Studies, maar ek kan sien die

kinders maak dit soms moeilik om gemotiveerd en passievol te bly.

c1)

Ek sien twee leerders wat die geleentheid het om om die JCC die skool te

verteenwoordig. Ek dink hul kan ‘n verskil maak en hul menings lig oor belangrike

punte of sake wat op kom regoor die Port Elizabeth distruk. Ek wonder of hul besef hoe

beangrik die rol van ‘n JCC verteenwoordiger is en of hul dit voluit gaan doen.

C2)

Ek sein ‘n leerder wat bloed skenk asook ‘n groep leerders wat komberse skenk aan

arm behoeftige gemeenskap. Ek dit dit is opreg ‘n goeie daad en hul kann trots wees

op wat hul doen vir hierdie behoeftige mense. Ek dink die mense is opreg dankbaar vir

Rabie leerders se skenke en ek wonder of hul dit jaarliks gaan aanpak as ‘n skool.

C3)

Hier sien ek die matriek groep wat so baie nog het wat voorlê. Dis die begin van die

volgende stap in hul lewens en hul het baie uitdagings wat wag. Ek dink hul gaan

sukses bereik en wonder waar elke individu gaan opeindig as ‘n volwass landsburger.